2006-05-17

40 dae Fokus op ons verhouding met mekaar

‘n Oorvloedige lewe is ‘n lewe wat oorvloei van liefe, vrede en vreugde. Dis ‘n lewe wat baie vrugte dra (Joh 15:8); ‘n ryk, vol lewe wat sin maak en betekenis het. Baie mense kies om ‘n saai lewe te leef wat op die ou end geen waarde het nie. Hoekom dan so ‘n lewe leef as die Here vir ons soveel méér in gedagte het? Kom ontdek in drie fokus-tye van 40 dae elk wat dit beteken om ‘n lewe-in-oorvloed te leef!

(Joh 10:10)

Ons is tans besig met ons tweede 40 dae fokus-tyd. Waar ons verlede kwartaal gekyk het na ons verhouding met die Here, fokus ons hierdie kwartaal op ons verhouding met mekaar as mede-gelowiges. Volgende kwartaal fokus ons op ons verhouding met ongelowiges.

Die temas tydens hierdie 40 dae is:

  • Sondag 7 Mei: Die huisgesin van God.
  • Sondag 14 Mei Die huisgesin van God vergewe mekaar [Genade is die basis van ons verhouding met mekaar]
  • Sondag 21 Mei: Die huisgesing van God versorg mekaar [Gemeenskap is die konteks van ons verhouding met mekaar.]
  • Sondag 28 Mei: Die huisgesin van God versterk mekaar [Gebed—en meer spesifiek gesamentllike aanbidding—is die kern van ons verhouding met mekaar.]
  • Sondag 4 Junie: Die huisgesin van God verryk mekaar. [Groei is die potensiaal van jou verhouding met die Here.]
  • Sondag 11 Junie: Vervul jou funksie in die huisgesin van God. [Gehoorsaamheid is die doel van ons verhouding met mekaar.]

Onderliggend aan elkeen van hierdie temas is die vyf waardes van ons gemeente, nl. genade, gemeenskap, gebed, groei, gehoorsaamheid. Hierdie waardes is gekoppel aan die vyf vernaamste take van ‘n gemeente volgens Ef 4:11, nl. sending (apostoliese taak); aanbidding (profetiese taak); gemeenskapsbediening (evangeliese taak); onderlinge versorging (herderlike taak); toerusting (leer-taak).

No comments: