2007-04-02

Beeld

Coenie Burger se artikle in Beeld se Godsdiens-aktueel rubriek.

Teen dié tyd het meeste mense in ons land al agtergekom dat die eerste oorgangsfase van ons nuwe demokrasie verby is en dat ons in ’n tweede, taaier fase inbeweeg het.

In die eerste fase was ons buitengewoon vriendelik, gaaf en geduldig met mekaar. Ons moes iets nuuts saam begin en was nie seker of dit gaan werk nie. Ons het diep asem geskep, ons vrese weggesluk en gehoop vir die beste.

Ná 12 jaar voel baie mense in die land dat “die beste” toe nie gerealiseer het nie. In elk geval nie soos hulle gehoop het nie.

En nou is ons ontevrede. Meer as ontevrede. Ons soek ons deel en ons soek dit nou.

Dat die frustrasie hoog loop, sien ’n mens ...

2007-03-30

INLIG-AKTUEEL (9/2007) -Vir die tydperk 09 tot 22 Maart 2007

Saamgestel deur ABID

Gedurende vakansietye probeer ek om die e-NUUS so kort as moontlik te maak, anders word die gelukkige vakansiemense se posbusse té vol. Die berigte is dan ook kronologies, min of meer, gerangskik. Die volledige berigte is egter reeds voorberei, en u is dus baie welkom om net ‘n e-pos te stuur - ngkinlig@mweb.co.za - en ons stuur graag vir u die volledige teks deur.

K 30024: Roeping kom 1ste sê hoë Anglikaan; Beeld, 07.03.2007

Die wêreldwye Anglikaanse gemeenskap gaan in die volgende paar dae op ’n konferensie probeer om onderlinge verskille oor homoseksualiteit opsy te skuif en hande te vat in die stryd teen onder meer armoede en vigs. Aartsbiskop Rowan Williams, aartsbiskop van Kantelberg en wêreldwye leier van dié gemeenskap, het gister in Boksburg gesê een van dié konferensie se groot doelwitte is om blywende netwerke te vestig vir die stryd teen armoede en vigs. Die konferensie gaan besin oor Anglikane se vordering met die Verenigde Nasies se millennium-ontwikkelingsdoelwitte, soos die halvering van erge armoede teen 2015 en om vigs se verspreiding te stuit. Die konferensie kom kort ná ’n byeenkoms van Anglikaanse leiers uit verskillende wêrelddele waartydens uiteenlopende sieninge oor homoseksualiteit tot groot spanning gelei het. ... njackson@beeld.com



K 30013: ANC en Boesak rook vredespyp; Burger, 09.03.2007

KAAPSTAD. – Die ANC en dr. Allan Boesak sing nou weer uit dieselfde gesangeboek nadat laasgenoemde verlede maand weens druk uit ANC-geledere verhinder is om ’n gedenkdiens vir wyle mev Adelaide Tambo te lei. Die ANC se nasionale voorsitter, mnr. Mosiuoa Lekota, het Boesak, assessor van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) en die kerk se Wes-Kaapse moderator, gister persoonlik namens die party om verskoning gevra. “Ons betreur hierdie ongelukkige voorval ten diepste en sal seker maak ons lede begaan nie weer so ’n oordeelsfout in die toekoms nie,” het Lekota gesê. Boesak het op sy beurt gesê hulle wou van die ANC weet of die kerk weer inmenging van die regerende party kan verwag in hoe hy (die kerk) sy roeping vervul en hoe hy optree. Volgens hom is die goeie verhouding wat nog altyd tussen die VGK en die ANC bestaan het, egter ná gister se samesprekings herbevestig. “Dit was ’n aangename bespreking en daar is ooreengekom dat die ANC hom nie weer sal inmeng (in kerksake) nie.” ... Anesca Smith



K 30028: ANC sê ekskuus aan Boesak oor diens vir Tambo; Beeld, 09.03.2007



K 30012: Pous laat vals note opklink oor Dylan; Burger, 09.03.2007

LONDEN. – Sommige mense beskou hom as ’n god, maar pous Benedictus XVI is beslis nie een van Bob Dylan se aanhangers nie. In ’n nuwe boek vertel die pous van sy ontsteltenis toe sy voorganger, die baie gewilde pous Johannes Paulus II, die verhoog met die legendariese Dylan gedeel het. Tydens die konsert by die Wêreld-eucharistiekongres in 1997 in Bologna in Italië het Dylan drie liedjies gesing, waaronder “Knockin’ on Heaven’s Door” en “A Hard Rain’s A-Gonna Fall”. Die pous het daarna sy preek gegrond op een van Dylan se grootste treffers – “Blowin’ In The Wind”. “Jy vra hoeveel paaie ’n mens moet loop voordat hy ’n man word,” het die pous gesê en geantwoord: “Daar is slegs een pad vir die mens, en dit is die pad van Jesus Christus wat gesê het: ‘Ek is die Weg en die Waarheid’.”
Ná sy optrede het Dylan, ’n Jood, die pous op die podium ontmoet. ... Pieter Malan



K 30022: St. Stephen’s-fonds groei na R594 000; Burger Bylae, 10.03.2007

DIE saldo van die restourasiefonds vir die herstel van die historiese NG kerk St. Stephen’s op Riebeeckplein in Kaapstad het oor die afgelope twee jaar met meer as R28?000 toegeneem en staan nou op R594 000. Dit is danksy die reeks Kers- en Suidoosterfeeskonserte wat sedertdien daar aangebied is, asook geldskenkings en insamelings deur lidmate van die

gemeente. Naspers het reeds voorverlede jaar ruim bygedra deur ’n halfmiljoen rand te skenk. St. Stephen’s is van 1800 tot 1801 as die eerste openbare teater in die land opgerig en het as die African Theatre bekend gestaan. Die Afrikaanse bevolking het dit die Komediehuis genoem. .. Die trust doen ’n beroep op kapitaalkragtige sakelui om hierdie gemeenskapsuitreikprojek ruimhartig te steun. As net vier ondernemings elk R500 000 skenk, is die teikenbedrag bereik. Rig navrae aan die skriba van die trusteeraad, ds. Kowie Smith, ook die gemeenteleraar, by 0837692138 of 0218534987. Sy e-posadres is: smithkowie@gmail.com Martiens van Bart



K 30031: Sheldean en Jesus; André van Niekerk, ‘n Woord onderweg; Beeld, 10.03.2007

Sheldean Human se dood gryp ons aan. Haar lyding kan ons help om ’n beskouing van geweld te kry, maar kan ons ook mislei. Ons is nou in die tyd van die kerkjaar waarin die herdenking van die Here Jesus se lyding ons ’n geloofsbeskouing van geweld gee. Dit hou in: Die verskriklike werklikheid van geweld durf nie versag of ontvlug word nie. Ons praat te gemaklik oor die kruisdood van Jesus. Daarby dra mense kruisies net as ’n versiering. Die kruis herinner ons aan ’n gewelddadige dood. Jesus sterf swaar om die waarheid oor God se genade en liefde by ons te kry. Van die troosboodskappies wat die Human-familie kry, is net te goedkoop. Prof. Johan Heyns het in die klas vir ons gevra om nie vir mense in lyding iets te sê nie – huil eerder saam....



K 30018: Is die UP nét vir predikante van die NG-Kerk? Murray Hofmeyr, Mond-uitspoel; Burger, 10.03.2007

PREDIKANTE van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) is nie vir ’n pos in godsdiens- en sendingwetenskap aan die Universiteit van Pretoria se teologiese fakulteit in aanmerking geneem nie. ’n Mens kan aanvaar dat so ’n besluit nie ligtelik geneem sou word nie. Maar is dit ’n wyse besluit? Ek het aansoek gedoen vir die pos omdat ek geglo het ek kwalifiseer in terme van die vereistes. Verder het ek op goeie gesag verneem dat my lidmaatskap van die VGK nie ’n probleem sou wees nie. Ek het egter weldra gehoor prof. Klippies Kritzinger, een van Suid-Afrika se voorste godsdiens- en sendingwetenskaplikes en lid van die VGK, het ook aansoek gedoen. Ek het besef ek is nie die beste kandidaat nie. Die nuus dat Kritzinger ook nie vir ’n onderhoud genooi is nie, het my dronkgeslaan. Veral omdat nóg ek, nóg hy op enige stadium in kennis gestel is dat ons aansoeke nie oorweeg sou word omdat ons aan die verkeerde kerk behoort nie. Dieselfde geld ons kollega van die VGK-gemeente Orange Farm, dr. MP Ntshumayelo, wat sy doktorsgraad onder prof. Piet Meiring verwerf het – aan die einste teologiese fakulteit by die UP. ..



K 30020: Ope brief aan Coenie Burger; Monduitspoel, Laurie Gaum; Burger Bylae, 10.03.2007

Liewe Coenie
Ons ken mekaar. Ek was leierouderling van die Studentekerk op Stellenbosch toe jy daar predikant was. Ek’t by jou geleer hoe teologie in die praktyk lyk. Ek’t jou “God van nuwe moontlikhede” in woestyntye soos water uit ’n oog ingedrink. Ek’t geluister toe jy gesê het mens moet oplet na wat God in die Teks doen in plaas van moralisties te preek. Ek’t jou kollega in dieselfde studentekerk geword toe ek in Guguletu begin werk het. Maar êrens het ons mekaar verloor. Want ek is gay, en oor homoseksualiteit het jy jou voorbehoude. Dit kom duidelik uit in die onderhoud wat Neels Jackson met jou gehad het (Die Burger, 27 Februarie). Want hoewel jy, volgens die artikel, “baie, baie simpatie met homoseksuele mense het”, sê jy dat jy nie “’n besluit kan steun” waarin die kerk sy seën vir gay-huwelike of gay-seksuele verhoudings gee nie. Dis jou “persoonlike standpunt”, sê jy. ... Ek is nie seker dat jou vooraf-ingenome standpunt jou gaan help om in hierdie saak saam met Christus in die middel te staan en ’n brugbouer te wees nie, Coenie. Want dis waarna ons soek: na ’n brugbouer tussen gays en straights.
Laurie Gaum



K 30040: Ope brief aan Laurie Gaum; Stan Voges, Repliek; Burger, 17.03.2007

Liewe Laurie
Ons ken mekaar. Oftewel, ek onthou jou goed. Jy miskien nie vir my nie, want ek was destyds ’n besoeker, sekerlik een van vele, aan jou jeugsentrum in Guguletu. Ek en ’n groepie plattelandse VCSV-tieners was op ons jaarlikse diensuitreik na die Skiereiland. Het tien dae hard onder noodlydendes en armes, straatkinders en vigssterwendes gewerk. ’n Hoogtepunt was ons eenvoudige dienslewering die middag by julle in Guguletu. So trots het ek daar weggery. So bly dat my tieners die radikale Jesus-liefde van ’n wit dominee in die arm swart woonbuurt kon sien. Dit maak die aanklag in jou “Ope brief aan Coenie Burger (By, Die Burger, 10/3)” en aan gelykdenkendes soos ek soveel kwetsender. Daarom wil ek graag vriendelik verduidelik. ... Daarom, broer Laurie, beskuldig my (en ander) van swak eksegese, van verkeerde hermeneutiek, maar asseblief nie van agterbakse politiekery, onregverdigheid of liefdeloosheid nie. Ek het toe maar stil in my dop (binnekamer) teruggekruip en meer nederigheid en liefde gevra. Miskien is dít, die binnekamer, waar ons mekaar weer kan vind.
Stan Voges Stan Voges is ’n NG predikant op Bredasdorp.



K 30019: Of religieuse digters regtig religieus dig; Joan Hambidge, Letterlik; Burger, 10.03.2007

I.L. DE VILLIERS is ’n besonderse digter in Afrikaans. Hy dig – soos sy voorgangers Totius, Olga Kirsch en Sheila Cussons, en naganger T.T. Cloete – oor die religieuse dimensie. Op ’n konkrete wyse versoen hy die metafisiese en die aardse, die kenmerkende paradoks van hierdie besinnende vers. Dit bly nie net by praat, wonder of filosofeer nie, maar word ’n belangrike ervaring van die lewe se wonders, ontnugteringe en, natuurlik, die dood. Iets wat my tans interesseer, is of die religieuse digter werklik “religieus” dig. Met ander woorde: Is die digter wat in hierdie domein intree nie juis besig om die Goddelike dimensie te bevraagteken nie? Ons weet dat Totius se opstand teen God deurskroei en dat Cussons in “Christ of the Burnt Men” op ’n interessante wyse die Rooms-Katolisisme met die Boeddhisme versoen. De Villiers is beslis meer as ’n predikantedigter: Sy verse lewer komplekse kommentaar op die wêreld óm hom. .. DIT is ’n puik bundel waarin die lewe in al sy fasette helder en oortuigend verwoord word. I.L. de Villiers se digterskap kry tans ’n nuwe lewe, ofskoon hy al deeglik deur Opperman gekanoniseer is met onder meer religieuse verse waarin, soos in “By die Opgaan” en “Huisbesoek”, die sondige “ek” skerp beskou word – uit Leitourgos (1972). Die geslaagde gedig word meer as die preek of traktaat; dit ondermyn, dekonstrueer. Dit kyk krities na Bo en onder.



K 30017: Seremane ontroer diep; Burger, 10.03.2007

MAX DU PREEZ doen in Die Burger se bylae By van 3 Maart aan die hand dat Afrikaners ’n bruin leier steun, soos die Dorslandtrekkers ’n eeu gelede gedoen het. Uit Jan-Jan Joubert se onderhoud in Die Burger van dieselfde datum met Wetshotsile Joseph (Joe) Seremane, die eerste swart nasionale leierskandidaat van die DA, blyk dit dat Seremane al voorheen die gedagtes van wit mense gelei het. Toe hy ’n seun was, het die Anglikaanse kerk hom as altar boy aangestel, wat indirek tot sy ontnugtering met kerkwees bygedra het. ’n Tronkbewaarder het tydens sy aanhouding en marteling onder die vorige bestel aan Seremane kom sê hy bid vir hom, al weet hy self nie hoekom nie, want hy meen steeds Seremane is ’n vyand van die staat. Hoewel sy aanhouders Seremane toe reeds tot in sy privaatste self gemartel het, is hy daarna raaiselagtig uit aanhouding gelei terwyl mede-stryders verdwyn het. ... Al is dit 17 jaar later, klop die gegewens in die verslag van Jan-Jan Joubert met die res. Joe Seremane het destyds ook sy raaiselagtige redding uit die tronk aan sy ma se onomstootlike geloof toegeskryf, en aan die totale aanslag van haar gebede saam met ’n groepie mede-gelowiges. Tussen graffiti in Soweto soos “We want revolution, not reform” en “Soweto is no zoo for whites – Tourist pigs, go home” het een plakker agterop ’n taxi immers gelui: “Woman is like a road The more she got curves the more she is dangerous.” Johnita le Roux



K 30023: Christendom en Islam afdelings van dieselfde geloof; Faith and modern world;

Burger, 12.03.2007 Johannes De Villiers [Resensent]
“Faith and Modern World, deur Vincent Brümmer. International Centre for Dialogue among Civilizations, Teheran, 2004. (Sagteband, ISBN?9 649 49059 0.)”
INDIEN Moslems en Christene hul onderlinge verskille probeer oorbrug en iets oor mekaar probeer leer, is dit al klaar goed. Maar gestel Moslems en Christene kan danksy hul ooreenkomste saam gesels (soos lede van dieselfde geloof) omdat albei groepe meer wil leer oor die God wat hulle albei aanbid? Vincent Brümmer, ’n Suid-Afrikaner van geboorte, maar geruime tyd reeds professor in godsdiensfilosofie aan die Universiteit van Utrecht, Nederland, vertel hy was in 2004 in Sjiraz, Iran, om vir Moslemgehore ’n week lank lesings aan te bied uit sy boek Atonement, Christology and the Trinity – Making Sense of Christian Doctrine. Die boek gaan oor swaargewig- Christelike sake, soos die naam aandui. Desondanks was die lesinglokale elke aand vol, selfs al was dit die eerste week van Ramadan. ...Vir sommige Christene kan dit vreemd klink. Maar as jy dan na Brümmer se stories luister oor hoe Moslems hom in Iran ontvang het, moet jy jou afvra hoeveel jy nou eintlik oor Moslems se geloof en hul ooreenkomste met jou weet. Arabiese Christene noem God Allah, merk Brümmer op.



K 30014: Toringkerk nou 100 jaar jonk; Maureen Joubert, Van alle kante; Burger, 12.03.2007

DIE 57 meter hoë toring van die Paarl se Toringkerk is ’n baken so bekend soos die Paarlrots. Aangesien dit net mooi in die middel van die dorp lê, is dit ’n nuttige verwysing vir plekke en adresse. As jy na aan die kerk woon, is die beiering van die klok om die kwartier ’n bekende klank, een wat jou in slapelose nagte minute laat aftel en ná reise weer welkom heet. So slaan die klok verlede Dinsdagmiddag sy deuntjie gevolg deur twee slae. Met goeie tydsberekening lui honderde selfone oor die Paarl en verder op die tweede slag, en SMS-boodskappe kondig aan dat presies op dié uur ’n eeu gelede die Toringkerkgebou ingewy is. ’n Kerk wat sy staan gekry het grootliks om moedertaalonderwys te beskerm. Die kerk is gebou 32 jaar nadat die gemeente gestig is en die klein kerkgebou uiteindelik uit sy nate gebars het. En hoewel uitbreidings op die dorp die standplaas vandag mooi sentraal maak, was dit destyds aan die noordelike deel van die dorp en is dit die Noorder-Paarl-gemeente genoem. Vandag is dit amptelik die Toringkerk-gemeente. .. mjoubert@mweb.co.za Paarl12 Maart 2007



K 30044: Die Bybel as ‘n slaanstok; Luister na getuienis en herinterpreteer die skrif; Julian Müller; Beeld, 13.03.2007

Met die Bybel kan jy bestraf of bemagtig, skryf Julian Müller oor die getuienis van gay Christene, die getuienis van die Skrif en wanneer die twee bots. ’N Teoloog sê die ander dag aan ’n gay persoon: “Ek slaap sleg as ek daaraan dink dat ek jou seermaak met my standpunt oor homoseksualiteit, maar die Bybel laat my nie toe om ’n ander standpunt te hê nie.” Hy sê dit vir iemand wat ’n gelowige is en in ’n verhouding van liefde en trou met iemand van dieselfde geslag leef. By ’n ander geleentheid is ’n gay teologiestudent genooi om sy getuienis met ’n werkgroep van ’n sinode te deel. Hy het getuig dat hy kernhomoseksueel is, maar ook ’n gelowige en geroepe voel vir die evangelie-bediening. Hy leef sy seksualiteit in ’n stabiele, vaste verhouding uit, sonder losbandigheid. Ná sy getuienis het een van die teoloë vir hom gesê: “Vir wie moet ek nou glo? Vir jou of vir Paulus?” Dit is inderdaad ’n ernstige dilemma as jou siening van wat die Bybel leer, in regstreekse kontras met die opregte getuienis van ’n mede-Christen staan. ... Só ’n herinterpretasie word eenvoudig afgemaak as onbybels en selfs onchristelik. Die waarheid is egter dat die ruimer standpunt oor homoseksualiteit op ’n verantwoordelike en diepgaande verstaan van die wesenlike waardes van die Skrif gegrond is. Hierdie standpunt word nie oor, namens en vir ander mense ingeneem nie. Dit ontwikkel op grond van ’n respekvolle proses waar gelowiges en teoloë van alle seksuele oriëntasies eerlik na mekaar luister en saam kom tot verantwoordelike uitleg van die Bybelse boodskap.



K 30027: Hervormers skop vas oor 'volkskerk'; Burger, 13.03.2007

HEIDELBERG. – ’n Groep van sowat honderd Hervormde predikante en ouderlinge het dit gister duidelik gemaak dat hulle ’n “volkskerk” wil bly. Die groep het op ’n byeenkoms van die HCM Fourie-stigting in Heidelberg, Gauteng, sterk kapsie gemaak teen die planne van die Hervormde Kerk se leiers om die term “volkskerk” uit die kerkorde te verwyder. Dit sou volgens verskillende sprekers kon lei tot skeuring in die kerk. Die beoogde verandering is een van ’n paar stappe wat die Hervormde Kerk moet doen voordat die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke hom weer as lid sou aanvaar. Die kerk moet ook ’n gesprek oor kerkeenheid met sy dogterkerk, die Maranatha Reformed Christian Church (MRCC), aanknoop en apartheid as sonde veroordeel. Op gister se vergadering was dit egter duidelik dat party Hervormers glad nie vir dié stappe te vinde is nie. ... Prof. Johan Buitendag, voorsitter van die algemene kommissie, het hulle vroeër as ’n klein groepie welsprekendes bestempel. Dr. Johan Steenkamp, voorsitter van die vergadering, het egter gesê hy meen 90% tot 95% van die lidmate dink soos hulle dink. Neels Jackson



K 30045: Volkskerk wil ons bly, sê 100 Hervormde leiers; Beeld, 13.03.2007



K 30029: Belangrike waarheid agter die spot; Allan Boesak, Godsdiens-Perspektief; Burger, 14.03.2007

DIE spotprent in Die Burger van laas Saterdag, soos dit ’n goeie spotprent betaam, tref die kol: Minister Mosiuoa Lekota op sy knieë “besig om die nuwe belydenis van Belhar af te lê”. Agter die spot, soos dit ook hoort, steek ’n belangrike waarheid: die Belydenis van Belhar is ook vir die ANC. Dit is wat Belhar is – ’n lewende belydenis, nie ’n formule wat formalisties-meganies in die kerkdiens fungeer nie, ook nie ’n stuk legalisme waarmee ons ander met papiergesag en ekskommunikasie dreig nie. Belhar is nie ’n stok om mee te slaan nie, maar ’n staf om mee te wandel. Belhar begin, soos Paulus, met die juigende belydenis dat God in Christus die wêreld met Homself versoen. God se liefde vir die wêreld dring God ook tot versoening met die wêreld. Eers daarna praat Belhar oor die versoening wat “sigbaar word” in die kerk. Dit is dus goed en van pas dat die Verenigende Gereformeerde Kerk, ná sy konfrontasie met die ANC oor die Adelaide Tambo-preekverbod, ook bereid was om die weg van versoening met dié organisasie te loop. ... Dit gaan hier nie om godsdiensvryheid soos deur die Grondwet gedefinieer en gewaarborg nie. Dit is eerder die vryheid van die Woord van God en die verkondiging daarvan in vryheid wat hier op die spel is. Albei kere in die tagtigerjare het ek my gewortel geweet in die Skrif en in die Belydenis. Hierdie keer dit weer so. So gesien, is die belydenis van Belhar nie so nuut nie. Dis so oud soos die Skrifte self. En vir die ANC, en vir ons, is dit goeie nuus.



K 30030: Besnydenis is MIV-deurbraak; Burger, 14.03.2007

KAAPSTAD. – Besnydenis by mans is tans dié belangrikste deurbraak in die voorkoming van MIV/vigs, al is dit moontlik dat vroue ’n groter gevaar van infeksie loop in die tyd kort ná die besnydenis. Dít is die mening van dr. Francois Venter, president van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir MIV/vigsklinici. Venter is om kommentaar genader oor die uitslag van ’n byeenkoms van die Verenigde Nasies in Switserland oor die potensiële uitwerking van manlike besnydenis op MIV/vigs in Afrika. Op dié byeenkoms is gesê dat indien MIV-positiewe mans hulle nie van seks weerhou terwyl hulle ná die operasie genees nie, hul vroulike bedmaats dalk ’n groter kans het om die virus op te doen. Vroeër het Sapa-AP berig besnydenis kan mans se kanse om die MI-virus op te doen, met tot 60% verminder.... Samarie Smith



K 30033: Fliek-simbool kom teen gosdslastering; ook TV-kanale gemonitor, sê Pelser; Burger, 16.03.2007

JOHANNESBURG. – Ná ’n stryd van byna vyf jaar gaan die Rolprent-en-Publikasieraad gelowige fliekgangers nou vooraf waarsku teen godslastering in flieks. Me. Shokie Bopape-Dlomo, uitvoerende hoofbeampte van die raad, het gister gesê die nuwe B-simbool teen godslastering word reeds toegeken deur die klassifikasiekomitee wat rolprente vooraf

beoordeel. Sy kon nie sê wanneer die eerste flieks met só ’n waarskuwing op die kringloop sou wees nie. Volgens haar is daar sterk druk deur die publiek uitgeoefen vir so ’n simbool. Die klassifikasiekomitee sal soos met die S vir seks, N vir naaktheid, V vir geweld en L vir ander kru taal, kyk hoe dikwels godslastering in ’n prent voorkom en hoe sterk dit is wanneer hulle besluit of ’n fliek ’n B-simbool moet kry of nie. Ds. Jannie Pelser, koördineerder van die Jesus-projek wat hom sedert 2002 teen die misbruik van die naam van God beywer, het gister gesê hy is “rasend opgewonde” oor die nuus. “Die Here sê mos jy moenie moed opgee

nie.” Hy verstaan van die raad dat dié simbool ’n eerste ter wêreld is. .. Pelser sê hulle het onlangs weer die misbruik van die Here se naam oor die senders van SABC1, 2 en 3 en e.tv gemonitor. Hoewel hy nie finale syfers het nie, is sy indruk dat die misbruik oor die drie SABC-kanale dramaties afgeneem het. Die B-simbool sal lastering volgens alle godsdienste dek en nie net op lastering teen Christene se godsdiens konsentreer nie. Neels Jackson



K 30035: Dit is régtig jammer oor Zamar; Burger, 17/03.2007

’N STORM het sowat ’n maand terug, pas voor Valentynsdag, om die kop van Veronica Bell losgebars nadat ’n Sondagkoerant berig het dat dié violis van die gewilde vrouegroep Zamar vir Doné McLuckie, die perkussiespeler, afgedank het omdat sy gay is. Volgens die berig het Veronica gesê sy glo nie dat homoseksualiteit God se wil vir ’n mens se lewe is nie. “Ek kon nie langer saam met Doné werk nie, want Zamar het ontstaan uit Christene wat saamwerk. My geloof is my realiteit, en Zamar is my baba.” Amanda Strydom het kort nadat die berig verskyn het, op die internetportaal LitNet soos volg gereageer: “Ek is verstom oor Veronica Bell se kil houding teenoor Doné McLuckie. Wie, madame Bell, gee jou die reg om ’n oordeel te vel oor ’n talentvolle vrou wat ’n reusebydrae tot Zamar gemaak het? En nou val die hele groep uitmekaar – wat ’n verskriklike verlies vir ons industrie! “As Christus vandag lewend onder ons was, sou Hy gewalg het aan jou gebrek aan liefde, begrip en empatie. Ek wens vir Doné, Hilandi en Anjulie ’n fantastiese toekoms. Vir jou, Veronica, bid ek dat jy gou verder sal sien as die venster in die tronk in jou kop. Haal die tralies af. Mens sien so(doende) baie verder. Liefde en lig.” ..* Veronica Bell het ’n uitnodiging om haar kant van die saak te stel, van die hand gewys. Suid-Afrikaanse gay vroue sukkel steeds om in die openbaar uit die kas te klim. Daar’s baie van hulle in die bedryf wat voel dat hulle hul seksualiteit moet wegsteek om “aanvaarbaar” vir hul gehore te wees. ’n Voorval soos hierdie maak dit nie vir hulle makliker nie. Dit terwyl ’n gay aktrise, Ellen Degeneres, onlangs die Oscars aangebied het. MARINDA EHLERS het ondersoek ingestel.



K 30053: Tutu: Wanneer ontwaak Afrika oor aaklige Zim?; Beeld, 17.03.2007

Kaapstad. – Afrika moet sy kop in skaamte laat sak oor die aaklige dinge wat in Zimbabwe aan die gang is, het emeritus aartsbiskop Desmond Tutu gister in ’n hartstogtelike pleidooi aan die vasteland se leiers gesê. “O Afrika, my Afrika! O Afrika, onse Afrika! Hoekom verraai ons jou so genadeloos in Zimbabwe .?.?. en hoekom laat ons jou so sleg in die steek?” wou hy weet. Tutu het in ’n sterk bewoorde verklaring wat hy gister uitgereik het, gewonder of die vasteland werklik vir menseregte omgee. “Gee ons om dat mense, vlees en bloed, mede-Afrikane, soos vuilgoed behandel word – amper erger as wat hulle ooit deur waansinnige rassiste behandel is? “Wat moet nóg gebeur voordat ons leiers uiteindelik sal uitroep: ‘Genoeg is genoeg!’?” Die biskop se verdoemende kritiek kom in dieselfde week wat die Suid-Afrikaanse regering verklaar het dat, hoewel hy “bekommerd” is oor die situasie, Zimbabwiërs self hul probleme moet oplos. ... Deon de Lange



K 30054: NG Kerk bid vir nuwe leiers in Zim; Beeld, 17.03.2007

Die algemene sinodale moderamen (ASM) van die NG Kerk het gister besluit om te bid “vir ’n spoedige verandering in die leierskap in Zimbabwe”. Dít is die jongste kerklike stem van verontwaardiging en ontsteltenis wat opklink nadat die Zimbabwiese veiligheidsmagte ’n gebedsbyeenkoms van die opposisie met geweld uiteen gejaag het en opposisieleiers erg aangerand het. Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het vroeër al sy ontsteltenis laat hoor, die Nasionale Raad van Godsdiensleiers het gister sy afsku oor die aanval op opposisieleiers uitgespreek en die Leadership Conference of Consecrated Life, ’n Suid-Afrikaanse Katolieke groep, het ook dié aanval veroordeel. Daarby het die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) in ’n sterk bewoorde verklaring gesê geen regering het die reg om in te meng in ’n gebedsontmoeting tussen God en mense wat in Hom glo nie. ..



Rowers in uniform val kerkgroep aan; Beeld, Mar 21 2007

Een van drie rowers in polisie-uniforms het ’n Wes-Randse man twee keer by ’n selgroep-byeenkoms van sy kerk raakgeskiet. Die groep van die NG kerk Roodekrans het eergisteraand by mnr. Isak Els (50) se huis in Zebrinastraat, Breaunanda, bymekaargekom. Me. Eurika Els (47) was omstreeks 22:00 besig om vir die groep koffie te skink toe een van die rowers van buite die skuifdeur op haar losgetrek het. Volgens haar dogter, Elzette (18), het die skuifdeur oopgestaan en was daar nie ’n veiligheidshek voor nie. Elzette was nie self op die toneel nie, maar sê sy het verstaan haar ma het onder die tafel ingeduik, waarna haar pa die rower bestorm het. Nagenoeg nege skote is afgevuur. Mev. Els is nie gewond nie. Mnr. Els is een keer in sy regterarm getref en nóg ’n koeël het sy vingers skrams geraak. ... Kapt. Joseph Magoai, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Volgens hom is nog niemand gearresteer nie en kon hulle nog nie vasstel waar die rowers die polisie-uniforms gekry het nie. Mnr. Els het gister aangesterk in die Netcare Krugersdorp-hospitaal, maar was buite gevaar.



Afbeeldings van Jesus bloei glo; Beeld, Mar 21 2007

Port Blair (Indië). – Duisende mense stroom na die huis van ’n polisieman in Indië se afgeleë Andaman-eilande om voor twee afbeeldings van Jesus te bid. Volgens ooggetuies “bloei” die afbeeldings al die afgelope twee weke. Mnr. Eric Nathaniel, ’n radio-operateur in die polisie, het gesien dat rooi vloeistof teen die afbeelding van Jesus afbiggel en hy het gedink dit is bloed. “Ons het kerse aangesteek en heelnag gebid. ’n Bietjie later het die bloed opgedroog, maar kort daarna het dit begin om teen die hart en hande van nog ’n afbeelding in die huis te biggel,” het Nathaniel gister vertel. Volgens amptenare is dit moontlik dat rooi verf wat in die afbeeldings gebruik is, weens die uiterste hitte gesmelt het, maar eilandbewoners en priesters het in bote van afgeleë dele van die Andaman- en Nicobar-argipel af gekom om te bid. “Dit is inderdaad ’n wonderwerk, en wys dat Jesus pyn verduur het weens ons sondes,” het mnr. John Chrysostom, ’n priester van die Anglikaanse kerk in Port Blair gesê. – Reuters



K 30050: Beskadiging van mense gebeur subtiel; Yolanda Dreyer, Godsdiens-perspektief; Burger, 21.03.2007

ONS land is in ’n morele krisis. Dít hoor ’n mens so dikwels soos “broadband, broadband, broadband” in ’n TV-advertensie. “Moraliteit” is altyd met seksuele gedrag verbind. Aanvaarbare gedrag was “moreel” en onaanvaarbare “immoreel”. Aanvaarbaar het natuurlik beteken: tradisioneel, wettig en heteroseksueel. Wat sulke “morele persone” verder aan ander en selfs aan hul eie menswees gedoen het, was nie ter sake nie. Die huidige morele krisis in die land gaan egter om méér as seksuele gedrag. Sien moraliteit so breed soos die tweede helfte van die Christelike Groot Gebod – “jou naaste liefhê soos jouself” – dan sluit immoraliteit alles in wat mense seermaak of skade berokken. ... Die probleem is nader aan die huis. Wat is my aandeel in die seermaak van ander? Wat kan ek doen om beskadigde mense te heel? Om slagoffers te help, kan dit vir my ongemaklik maak. Is ek bereid? As almal in dié land ’n morele lewe lei, sal die wêreld ’n beter plek kan wees.



K 30049: Wat sê die Bybel ... regtig? Forum, Johannes de Villiers; Burger, 21.03.2007

DAAR is ’n (waarskynlik apokriewe) storie oor ’n kerk in Nederland wat, soos die res van die kerkwêreld, oor homoseksualiteit gedebatteer het. Dié mense wou nie onverdraagsaam lyk nie – dit is immers Nederland – maar het hulle telkens vasgeloop in die Bybelverse wat lyk asof dit homoseksualiteit veroordeel. Uiteindelik het hulle toe maar ’n beleid geformuleer wat uit slegs twee sinne bestaan: 1. Die Bybel veroordeel homoseksuele gedrag. 2. Ons stem op dié punt nie met die Bybel saam nie. Die aannames wat dié staaltjie onderlê, is iets wat ’n mens wyd in kerkkringe vind: dat die Bybel homoseksuele gedrag en verhoudings duidelik veroordeel; en dat die gay-debat gevoer word tussen mense wat bereid is om die Bybel te gehoorsaam en diegene wat net nie wil luister nie. Die debat oor wat in die Bybel oor homoseksualiteit staan, het die laaste paar weke weer begin luier in die aanloop tot die algemene sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Junie, wanneer dié kerk ná jare van uitstel en wroeging ’n beleid oor hierdie kwessie moet aanvaar. ...



Dienkie Froneman

ABID

ngkinlig@mweb.co.za

t 021 882 9923 ; f 086 510 5933

Matlala uitreik

Matlala Uitreiknuus 28 Maart 2007
Liewe vriende in Christus

Dit is altyd vir ons 'n besondere fees om Paasfees in die landelike area saam met die Bapedi mense te vier. Paasfees is inderdaad nooit weer dieselfde as jy een jaar saam Matlala toe was nie! Daar is iets baie spesiaal en uniek daaraan om in hierdie eenvoudige kerkies die kruisiging en opstanding van ons Here Jesus te vier! Ons wil jou graag weer uitnooi om intensief saam met ons te bid vir die uitreik.
- Loof en prys die Here vir elke donasie en borg wat ons ontvang het vir die uitreik!
- Loof die Here vir elke spanlid wat die uitreik meemaak.
- Loof die Here vir ons kosouers wat die Here nou reeds vir 3 jaar beskikbaar maak!

Bid asb. saam met ons:
1) DRINGENDE GEBEDSVERSOEK: Ons benodig steeds 'n karavaan vir Jan en sy gesin tydens die uitreik. Bid asb. dat die Here ook hierin sal voorsien.

2) Vir al die vooraf beplanning en voorbereiding wat gedoen word.
Uitreikleiers en bedieningsleiers werskaf om al hul voorbereiding agter mekaar te kry.
3) Vir 'n veilige reis, onderskeidelik van die voorbrandspanne Donderdag 29 Maart, en die grootste deel van die span Vrydagmiddag 30 Maart. Die Moloto pad is veral hierdie tyd van die jaar verskriklik besig en gevaarlik. Bid asb. dat die Here elke voertuig en spanlid sal beskerm.
4) Vir 'n positiewe gees, gesindheid en diensbaarheid van elke spanlid.
5) Vir elke bedieningsleier om op die Here Jesus te fokus en Hom voor oe te hou elke oomblik.
6) Dat die Here 'n besondere werk sal doen in die harte van die Thabeng mense. Bid veral dat hulle werklik honger sal wees vir die evangelie. Dat hulle sal honger en dors na 'n heilige lewe, en nie na wereldse begeertes nie.
7) Dat die Here finansieel in elke behoefte sal voorsien. Daar is steeds uitgawes wat gedek moet word.

Baie dankie vir jou getroue voorbidding en dat jy so saam met ons werk om die evangelie te verkondig (Fil. 1:3-5).
Groete in Christus

Jan en Elize-Marie van Jaarsveld
Aksie Arbeiders vir die Oes
Posbus 1649
Pretoria
0001
E-pos: aclaharv@global.co.za
Tel / faks: (012) 341-3869; selfoon: (082) 925-3557.
Ons gebed is dat die Here elkeen sal seën wat meewerk

2007-03-16

Loop die Lydenspad agter Jesus aan

Geleentheid vir Geestelike Groei

Agt dae. Na hierdie agt dae sou die wêreld nooit weer dieselfde wees nie. Vanaf die eerste Palmsondag tot die eerste Paassondag het ‘n drama afgespeel waartydens die magte van die bose probeer het om die Lig uit te doof.

Elke jaar kry ons die geleentheid om hierdie drama te herleef deur dit op verskeie maniere te vier. Ons stap saam met Jesus, ly saam met Hom, sterf saam met Hom, en staan saam met Hom op. Deelnemers aan hierdie viering beleef hoe die krag van Jesus se opstanding opnuut in hulle werk. Hierdie week staan bekend as die Groot Lydensweek.

Sondag 1 April om 09:00
(Palmsondag)
Hierdie week begin op Palmsondag. Jesus se intog in Jerusalem word herdenk. Dieselfde skare wat later "Kruisig Hom!" sou skree, skree nou "Hosanna!". Ons vier dit in die erediens met 'n spesiale liturgie en palmtakke.

Maandag 2 April om 19:00
Ons herdenk Jesus se reiniging van die tempel. Hy demonstreer op 'n dramatiese wyse dat God se genade bedoel is vir almal en dat dit moet deurbreek na diegene wat op die kantlyn van die lewe staan.

Dinsdag 3 April om 19:00
Ons dink veral aan Jesus se strydgesprekke met die Fariseërs – weer eens beklemtoon Jesus die omvattendheid van God se genade. Aan die einde van dag kyk Jesus en sy dissipels vanaf die Olyfberg oor Jerusalem uit, en Jesus praat oor die einde van die stad.

Woensdag 4 April om 19:00
'n Rusdag vir Jesus. 'n Dag waarop Hy gesalf word met duur nardusolie. 'n Dag van afwagting en voorbereiding.

Donderdag 5 April om 19:00
Sononder begin die Groot Drie Dae. Ons vier dit met een groot ononderbroke erediens. Ons begin deur as 't ware saam met Jesus en sy dissipels 'n laaste maal saam te eet. Ons herdenk die voetwassing asook die gebeure ná die maaltyd: Jesus se angsbevange gebed in Getsémané, sy gevangeneming en verhoor. Ons beleef saam met Hom die houe, die gespot en gehoon.

Vrydag 6 April om 09:00
Ons herdenk die dieptepunt van Jesus se lyding, die kruisiging. Ons staan stil by elkeen van die sewe kruiswoorde van Jesus. Ons bly by Hom terwyl Hy vasgespyker word (die derde uur, 09:00), ons hoor hoe Hy uitroep: "Dit is volbring!" (die sesde uur, 12:00), beleef die drie ure van duisternis; en word simbolies saam met Hom begrawe net voor sononder.

Saterdag 7 April om 22:30
Na 'n tyd van stilte en gebed vanaf Vrydag 10:00, keer ons terug na die kerkgebou, soos die vroue na die graf. Ons vier die leë graf, die oorwinning van die lig oor die duisternis, Jesus se opstanding. Hiermee saam vier ons weer ons eie doop en beleef ons opnuut weer hoe dat God sy liefde en genade oor ons uitstort. Dopelinge word gedoop en katkisante lê belydenis van geloof af. En ons vier weer die Nagmaal.

Sondag 8 April om 09:00
Opstandingsfees. Ons vier weer eens, hierdie keer in daglig, die feit dat Jesus opgestaan het uit die dood. Hoe kan ons opstanding vier as ons nie die week saam met Jesus geloop het nie? Ware vreugde was nog altyd die uitvloeisel van 'n tyd van duisternis en lyding.

Om saam met Jesus die lydenspad te loop het groot geestelike waarde. Vir eeue lank was dit vir Christene belangrik om dit wat Jesus vir ons gedoen het te herdenk.
Terwyl ons onsself inleef in die gebeure van die Groot Lydensweek, word ‘n diep spiritualiteit in ons gevorm. Hierdie spiritualiteit word ‘n bron van geestelike krag vir die res van die jaar.

Hierdie gebeure laat ‘n onmiskenbare merk op ons geestelike lewe. Soos wat swaarkry hoop en geloof tot gevolg het (vgl. Rom 5), so plant die Groot Lydensweek die saad van ware vreugde in ons harte.

Beeld

'n Reaksie van 'n leser op Julian Müller se artikel.

Omdat ek nie eenvoudige oplossings vir ingewikkelde teologiese kwessies wil of kan aanbied nie, lewer ek nie kommentaar op Prof. Julian Müller se interpretasie van homoseksualiteit in sy artikel Die Bybel as ’n slaanstok (13 Maart) nie. Sekere van sy basiese aannames het egter wel betrekking.

Gelowige Christene het nie toegang tot die binnekring van skrifgeleerdes wat omstrede kwessies in diepte en met meerdere kennis debatteer nie. Ons is dus tot ’n mate uitgelewer aan, en verwag inderdaad van die geleerdes om sinvolle Bybelse verklarings binne die konteks van enige tydvak te gee.

Dié oop benadering stel egter die Bybel bloot aan weersprekende interpretasies, wat kan lei tot ’n Babelse verwarring by gelowige Christene.

Ek het waardering vir prof. Müller se hantering van kwessies soos die skeppingsverhaal en fundamentele Christelike standpunte, maar kan nie help om te wonder oor uitsprake soos “. . . of die huidige ervaring van mense weerklank vind in die Bybel” nie.

Is dit so dat wanneer die openbare mening nie meer versoenbaar is met die Bybelse leringe nie, dit dan in die Bybel reggestel moet word? Is dit so dat Christelike etiek bepaal word deur wat vir die (sekulêre) mensdom verteerbaar is?

En verder: “. . . en daarom is hulle ook nie oop vir herinterpretasie van die Bybel nie.” Prof. Müller moet waak om nie in sy eie slagyster te trap nie.

Ek merk op dat in die boek The Gospel of Judas wat onlangs uitgereik is, die geleerde skrywers, wat teoloë insluit, sê die waarde van dié ontdekking lê daarin dat dit ’n “alternatiewe Christelike geloof” (her)bekendstel. Die gevaar lê daarin dat ons deur onverantwoordelike interpretasie van die Bybel ’n alternatiewe geloof skep wat vaagweg en op ’n vergeestelikte manier verband hou met die fundamentele leerstellinge van die Bybel.

Wikus Joubert, Tzaneen

Godsdiens te gereeld ingesleep

'n Brief in 16 Maart se Beeld waarin die skrywer godsdienstige mense as ontintelligent en nie-denkend beskryf!

Ek sou baie graag Stephan Joubert se Goeie nuus ná die moord op Sheldean Human wou gesien het. Daar is tog dag en nag gebid vir die veilige bewaring van die kindjie deur die Wese oor wie Stephan elke dag in Beeld ’n lofsang sing, want die Wese is “goeie nuus”!

Wil die redakteur nie tog asseblief maar besef dat denkende en intelligente mense ook lesers van Beeld is nie?

2007-03-15

Die betekenis en boodskap van Openbaring

INLEIDING

Op 'n Sondag so plus minus negentig jaar na Christus sit 'n leier van 'n klompie Christene in Klein Asië (in vandag se Turkye) op die eiland Patmos waarheen hy verban is weens sy geloof. Dit word 'n besondere Sondag want die Gees voer hom saam op 'n hemelreis waarvandaan hy vir sy mense 'n boodskap van verblyding en bevryding bring.

Nog merkwaardiger is dat ons twee duisend jaar later nog steeds hierdie boodskap kan hoor. Om dit goed te hoor moet ons self 'n reis onderneem na die wêreld van Johannes en sy mense.

DIE MENSE EN HUL WÊRELD

Johannes se gehoor was mense wat in die eeuwending tussen die eerste en tweede eeu geleef het. In hoofstukke 2 en 3 word sewe gemeentes genoem aan wie die boek gerig is. Hierdie gemeentes het werklik bestaan en die stede waar hulle geleë was kan vandag nog besoek word. In elke dekreet wat aan 'n gemeente gerig is, kan mens aspekte van daardie gemeente raaklees wat ons histories, sosiologies en geografies kan bestudeer om die boek te verstaan.

Hul omgewing het 'n groot rol gespeel in die manier waarop hulle hul wêreld verstaan het. Klein Asië was onder beheer van die Romeine in die tyd toe Openbaring geskryf is. Die kultuur van die mense was Grieks want voor die Romeine het die Grieke die gebied beheer en die Romeine het groot bewondering vir die Griekse kultuur gehad. Daar sou baie Jode in die gemeentes gewees het, want in daardie tyd was die meeste Christene van Joodse afkoms. Die invloed van die Griekse kultuur en die Joodse godsdiens was baie groot in die gemeentes waarvoor Johannes geskryf het.

Tyd

'n Baie belangrike aspek van hul wêreldbeeld was hul tydsbeskouing. Ons beskou tyd as voortgaande van nou af tot in die toekoms. Hulle het tyd verstaan as 'n sirkelgang waarin dit wat nou gebeur deel van 'n proses is wat herhaal word. Ons wil in onseker tye weet wat in die toekoms gaan gebeur. Hulle wou weet wat in die verlede gebeur het, sodat hulle hul kon plaas in dit wat nou gebeur. As ons Openbaring dus lees met die oog op die verre toekoms verstaan ons nie wat die skrywer vir sy mense wou sê nie. Hulle was nie bekommerd oor die toekoms nie, maar oor hulle hede. Die verwysings in Openbaring wat deur baie vandag gesien word as dat dit oor die verre toekoms sou gaan, het vir hulle gegaan oor dit wat in hul tyd aan die gebeur is. Hieruit kan ons ook verstaan dat Johannes nie die tyd waarin ons leef in gedagte gehad het toe hy geskryf het nie.

Heelal

Die mense van Openbaring het ook anders na die skepping gekyk. Hulle het geglo dat die aarde rond is, maar dat dit 'n dop om gehad het waaragter die hemel was. Tussen die aarde en die hemel was die lug wat vir hulle 'n vloeistof was. Soos die waterdiere aangepas is om in die water te leef, het hulle geglo dat daar wesens was wat aangepas is om in die onsigbare vloeistof van die lug te leef. Hierdie wesens was onsigbaar net soos die lug en is die geeste genoem. Omdat hulle nie die geeste kon sien nie, het hulle uitgelewer gevoel aan hierdie wesens en baie dinge wat hulle nie kon verklaar nie, is aan geeste toegeskryf.

Die hemel was anderkant die lug en dit was die woonplek van die gode. Die hemelliggame was vir hulle nie stukke rots of bolle gas nie, maar lewende wesens. Die konstellasies was die figure van gode en magtige dienaars van die gode wat oor die mense invloed uitgeoefen het. Hulle het geglo dat niks op aarde gebeur wat nie in die hemel sy oorsprong het nie.

Elke koning of belangrike mens van daardie tyd het dus mense gehad wat vir hulle die stand van die hemelliggame geïnterpreteer het. Hiervolgens het hulle probeer bepaal waarmee die gode besig is sodat hulle kon weet hoe hulle moes optree en hoe hulle die gode kon manipuleer om te doen wat hulle wou hê.

In hierdie begeesde en begode wêreld skryf Johannes vir sy mense. Dit wat net vir magtiges beskore was, om te weet wat in die wêreld van die gode aan die gang is, word nou vir gewone mense, Christene, gegee. Johannes herinterpreteer die wêreldbeeld van sy lesers om hulle te laat besef dat daar net een God is, en dat hierdie God in beheer is van sy skepping. Meer nog, hierdie God het hulle lief en hy versorg en beskerm hulle in 'n gevaarlike vyandige wêreld.

WAT SIEN HY?

As Johannes beskryf wat hy sien, word ons oorweldig deur die vreemdheid daarvan. Dit wat hy beskryf was egter in sy wêreld nie so vreemd nie.

Getalle

Die boek is vol van getalle wat ons logika nie kan verklaar nie, maar wat vir Johannes se eerste hoorders totaal verstaanbaar was. Die meeste getalle in die boek is gevorm uit kombinasies van vier, drie, sewe, twaalf en tien. Vier was die getal van die windrigtings en het die totaliteit beskryf in geografiese terme. Drie was die magiese getal. Sewe is die volmaakte getal wat altyd vir God voorstel. Twaalf is die getal vir die volk van God. Tien was die volkome getal (mens het mos tien vingers om op te tel).

Dit beteken dat 'n getal soos honderd vier en veertig duisend nie letterlik verstaan kan word nie. Die getal is as volg saamgestel: 12x12x10x10x10 dit beteken dat dit oor God se volk gaan (12) oor volkomenheid (10) en oor die magiese drie. As ons dan in hoofstuk 7 en 14 lees van die honderd vier en veertig duisend, weet ons dat hier van God se mense gepraat word. Die herhaling is 'n Hebreeuse manier om die vergrotende trap aan te dui. Hulle het nie gesê iets is groter nie, maar iets is groot, groot. Die 12x12 dui dus op baie van God se mense. As dit dan nog drie maal met tien vermenigvuldig word beteken dit op die ou end al God se mense. Niemand hoef bekommerd te wees dat God van hom of haar sal vergeet nie. Honderd vier en veertig duisend kan dus miljoene der miljoene mense wees.

Daar is ook verder die enigmatiese 666. Wat beteken die getal? In hoofstuk 13 lees ons dat die getal vir 'n naam staan. Dit was destyds mode om name in getalle voor te stel. Verder was wiskunde en godsdiens baie nou verweef en ons weet dat die ontwikkeling in die wiskunde deur godsdienstige behoeftes gedryf is. Tempels moes uitgemeet en reg geleë wees en die stand en beweging van die hemelliggame moes bepaal word. Dit het gevra na gesofistikeerde wiskundige berekeninge.

Met dit in ag geneem weet ons reeds 'n paar dinge van 666. Openbaring 13:18 sê vir ons dat 666 'n persoon aandui. Met destyds se wiskunde kan ons weet dat 666 'n driehoeksgetal is. Driehoeksgetalle was belangrike getalle omdat die driehoek 'n belangrike figuur was. Driedimensionele driehoeke (piramides)was belangrike godsdienstige strukture. Mense het geglo dat driehoeke (deltas) magiese krag het. Piramides het die gode na die aarde toe aangetrek en dit vir mense moontlik gemaak om van die aarde af na die hemel te beweeg. Piramides het ook met hul spitse na die konstellasie van die driehoek (delta) in die hemel gereik. Die konstellasie lê met sy punt na onder net bo die sterreteken van die Ram en wys met sy punt na die Ram. Ons sal later sien hoe belangrik hierdie konstellasie in Openbaring is. Só werk die basis van 'n piramide, van bo af gesien, op 666 uit:

1+5+13+24+32+36=111
Som van die lengtelyn
1+2+4+7+11+16=41 1 1+3+6+10+15+21=56
Som van die sykant 2 3 Som van die sykant
4 5 6
7 8 9 10
11 12 13 14 15
16 17 18 19 20 21
22 23 24 25 26
27 28 29 30
31 32 33
Som van die sykant 34 35 Som van die sykant
16+22+27+31+34+36=166 36 21+26+30+33+35+36=181
Som van die diagonaal
16+17+18+19+20+21=111
Die som van die vier sykante, die lengtelyn en die diagonaal is: 41+56+181+166+111+111=666


1 = 1
2 3 = 6
4 5 6 = 21
7 8 9 10 = 55
11 12 13 14 15 =120
16 17 18 19 20 21 = 231
22 23 24 25 26 27 28 = 406
29 30 31 32 33 34 35 36 = 666

Delta (driehoek) het 'n besondere hemelfiguur aangedui. Delta is ook die Griekse letter D. Hierdie letter is gebruik om die hoofgod van die Grieke, Zeus, aan te dui. Die driehoeksgetal 666 was die getal van Zeus. As iemand dus 666 as merk gedra het, beteken dit dat die persoon aan Zeus behoort. Johannes plaas dus die afgodsdienaars teenoor die aanbidders van die ware God.

Die getalle: 1260 dae (11:3), 42 maande (13:5) en 3 1/2 jaar (12:14 in die Grieks) dui dieselfde tydperk aan. Hierdie tyd is altyd gekoppel aan die lyding van die gelowiges. Die getalle gee mens die helfte van 7 jaar wat beteken dat die lyding van die gelowiges nie God se wil is nie. Hierdie tydperk dui ook op die beperktheid van die lyding van gelowiges. Die beperking gaan nie net oor tyd nie, maar ook oor omvang. Die tydperk het 'n groot rol in die Vroeë-Christelike denke gespeel. Die 3 jaar wat die droogte op aandrang van Elia geduur het in 1Konings 18:1 word in Lukas 4:25 verander na 3 1/2 jaar.

In hoofstuk 20 lees ons oor die duisend jaar wat die draak vasgebind is. Eerstens kan ons weet dat die getal simbolies is. Duisend is 10x10x10 die waarde hiervan is die volle tyd. Wat is die volle tyd waarvan hier gepraat word? Die volle tyd is die volle tyd tussen die eerste en tweede koms van Jesus.

Seëls trompette en bakke

Ons lees in hoofstuk 5 en 6 van die sewe seëls. Uit die sewende seël vloei die drie wee uitroepe (hoofstuk 9-11). Die eerste en tweede wee uitsprake word deur sewe trompette na vore gebring. Hoofstuk 15 en 16 vertel ons van sewe bakke van God se toorn wat op die aarde uitgegooi word.

Die verskynsel van seëls trompette en bakke was nie vreemd in Johannes se wêreld nie. Die mense van sy tyd het komete na gelang van die vorm van hul sterte geklassifiseer as seëls trompette of bakke. Komete het nooit iets goeds voorspel nie, en wanner daar een verskyn het, was die hele wêreld in rep en roer.

As Johannes hierdie verskynsels in sy boek gebruik, is dit om sy lesers te oortuig dat hulle nie uitgelewer is aan hulle nie. Ten spyte daarvan dat hulle uitgelewer voel aan hierdie skynbaar onvoorspelbare verskynsels, hoef hulle nie bang te wees nie, want God is in beheer en hy sorg vir hulle.

Die troon in die hemel

In hoofstuk 4 maak ons kennis met die troon in die hemel. Johannes beskryf die een wat op die troon sit se kleur as opaal en karneool. Hierdie gesteentes het 'n geel kleur. Ons weet dat die poolster in die noordelike hemelruim met 'n geel skynsel skyn. In Johannes se tyd is die poolster as 'n lewende wese beskou. Johannes verander dit in die troon van God. As mense nou opkyk kan hulle God se troon raaksien in plaas van 'n afgod.

'n Altaar

In 6:9 sien Johannes 'n altaar in die hemel. In die noordelike halfrond aan die suidekant van die hemelruim is die altaarkonstellasie te sien. Volgens legende is die altaar deur Jupiter gebou toe die reuse in opstand gekom het teen die gode. Hier kon die gode offer aan groter gode om hulp te verkry teen die reuse! Onder die altaar vleg die melkweg verby met sy miljoene sterre. Johannes laat sy hoorders na die melkweg kyk en laat hulle so sien waar die mense is wat gesterf het ter wille van die evangelie, nie in die doderyk nie, maar in die hemel.

Sionsberg

Sion is die ander naam vir Jerusalem. Sommige Jode het 'n eeuelange verwagting gehad dat die Dag van die Here sal kom. Op hierdie dag sal God Israel herstel, die tempel sal weer opgerig word en die verbondsark weer op sy plek in die allerheiligste geplaas word. Jerusalem sal dan die hoofstad van God se ryk op aarde word. Die Jode sal die voortou neem en almal sal erken dat God hulle God is en na Jersalem stroom om God te aanbid. Johannes sluit by hierdie Joodse verwagting aan. Hy wil egter iets anders sê, hy draai die verwagting om: God is nie in Sion nie, maar Sion is waar God is. Ook die sewe gemeentes moet weet waar hulle is, daar is Sion, want God is by hulle.

Die grote Babilon

In 14:8 sê Johannes die grote Babilon het geval. Babilon is Grieks vir die Babel van die Ou Testament. In Johannes se tyd was die stad al lank verwoes. In die Ou Testament was Babilon teken van mense wat in opstand teen God is. Hulle, word vertel, het die hoë toring probeer bou om naam te maak. Koning Nebukadnesar wat die Jode weggevoer het, en gruwelike dinge met hulle aangevang het, kom van Babel af. Van toe af het God se volk Babel met die vyand en met swaarkry geassosieer. Net soos Sion stel Babilon op die ou end mense voor. Soos 'n stad nie net geboue en paaie is nie, maar die mense wat daarin woon, so is Babilon verteenwoordigend van die mense wat teen God kies. Oral waar dit gebeur is die grote Babilon. Gelowiges kan egter weet dat Babilon reeds tot 'n val gekom het en dat die wat teen God kies ook nie sal bly staan nie.

Vreemde wesens

Die boek wemel van die vreemdste van vreemde wesens wat nogal goed sou pas in vandag se wetenskapsfiksie. Vir Johannes en sy mense was dit egter deel van hul leefwêreld. Ons gaan nou na hierdie figure van naderby kyk.

Vier en twintig ouderlinge

Johannes beskryf in hoofstuk vier hoe hy vier en twintig ouderlinge op trone reg rondom die troon sien sit. Rondom die poolster is daar vier en twintig sterre wat die mense van destyds gesien het as die vier en twintig dekanse wat elk oor een uur van die dag en oor vyftien en 'n half grade van die aardoppervlak heers. Mense het uitgelewer gevoel as hulle opkyk na die hemel want hierdie dekanse het beheer gehad oor wat met hulle gebeur. Johannes sê egter dat hulle van die poolster (die troon van God) die opdrag kry om te heers. As hulle onder bevel van God staan sal hulle mos nie vyandig teenoor God se mense wees nie.

Sewe geeste

Die sewe sê al klaar vir ons dat ons hier met God te doen het. Ons weet hoe die mense oor die lug en die geeste gedink het. Hier beteken die sewe geeste dus God se Gees wat daar waar mense nie kan sien nie, doen wat God wil hê.

Vier lewende wesens

Hoofstuk 4:6-7 beskryf vier lewende wesens naby die troon wat elkeen oordek is met oë. As Johannes die vier lewende wesens beskryf verstaan sy hoorders dadelik waarvan hy praat. Die konstellasie van die skerpioen was bokant die poolster sigbaar in die Griekse mitologie is dit altyd met die bolyf van 'n mens voorgestel. Links van die poolster die konstellasie van die arend (pegassus vir die Romeine); regs die konstellasie van die leeu en onder die konstellasie van die bul. Die oë waarmee hul oordek is, is die menigte sterre binne hierdie konstellasies. Gelowiges weet nou dat ook die groot konstellasies onder God se gesag staan en Hom eer.

Vier perde

As die eerste vier seëls oopgemaak word in hoofstuk 6, kom daar vier ruiters op perde na vore op bevel van elk van die vier lewende wesens. Die beskrywing van die perde plaas hulle by elk van die lewende wesens. Helderwit is die kleur van Jupiter die hoofster in die konstellasie van die leeu. In die konstellasie is ook 'n kleiner konstellasie wat die boog genoem is. Dit pas duidelik by die gesig van die ruiter ment die boog. Die tweede ruiter kom uit die sterreteken van die bul waar die hoofster mars was wat 'n rooi kleur het. Die swaard in sy hand is ook 'n kleiner konstellasie in die bul wat die swaard genoem is. Die swart perd kom uit die konstellasie van die skerpioen wat se hoofster swart is, en wat ons ken as Mercurius. In die konstellasie van die skerpioen is ook die kleiner konstellasie wat die skaal genoem is. Die vaal perd kom uit die konstellasie van die arend die vaalwit ster in die konstellasie is Venus. Venus word hier gesien as die aandster in die weste, wat gesien is as die rigting van die dood.

Die Lam

In 5:6 sien ons een van die belangrikste tekens in die hemel. Uit die agtergrond van die Christendom weet ons van wie Johannes hier praat. Dit kan tog net Jesus wees! In die wêreld van die sterretekens waarin Johannes se mense hulle ook bevind, ken hulle nog 'n lam. Dit is die sterreteken van die ram vir Grieke en Romeine, of die lam vir Arameërs en die Semitiese nasies. Die figuur van die ram/lam is altyd geteken met sy kop wat na agter kyk soos 'n geslagte lam waarvan die nek gebreek is. Daar is ook geglo dat die ram \lam die belangrikste sterreteken is, want hy was met die skepping reeds daar.

Ons weet dat die lam ook 'n belangrike teken vir die Jode was. Die paaslam het vir hulle besondere betekenis gehad en in sommige Joodse groepe is die paaslam ook aan die teken van die ram gekoppel. Uit die Judese godsdiens het die Christene ook die kruisiging van Jesus wat op die Paasfees gebeur het verstaan as die nuwe paaslam wat geslag is. Hierby sluit Johannes aan as hy in sy parallelle wêreld die hemelse paaslam moet uitwys. Hy wil sy mense laat sien dat Jesus in die hemel raak te sien is. Die sewe horings en sewe oë dui weer op God. Horings is tekens van krag, in hierdie geval God se krag. Johannes beskryf
die oë as God se Gees.

Die swanger vrou en die draak

Die vrou wat Johannes sien was in die Griekse wêreld die groot konstellasie Virgo of Maagd. Destyds is geglo dat wanneer 'n konstellasie sy hoogtepunt in die hemelruim bereik het, die sterreteken beheer het oor wat op aarde gebeur. As 12:1b sê die vrou het die son as kleed om haar, word daarmee bedoel dat die konstellasie sy hoogtepunt bereik het. Die maagd se kind is op die punt om gebore te word. Die mitologie het ook verhale waar 'n maagd 'n kind in die wêreld bring en 'n draak dit wil doodmaak. Isis bring Horus in die wêreld en die draak Python jaag hulle. Leto bring Apollo in die wêreld en hulle word gejaag deur Typhon.

Die draak word ook beskryf as 'n teken wat in die hemel verskyn. In die griekse wêreld was die draak met die sewe koppe en tien horings, die konstellasie Ou-Skorpio. Ou-Skorpio het in die hemelruim net onder Virgo gelê. Die draak is rooi want die sterre in die suidelike deel van die noordelike halfrond het 'n rooi skynsel. In ongeveer 237 vC het Griekse astroloë Ou-Skorpio verdeel in die konstellasies Skorpio en Libra. In die tyd waarin Johannes skryf is dit nog bekend dat daar so 'n konstellasie was. Die stert van Ou-Skorpio het oorgeloop in 'n konstellasie bekend as die slang. Hierdie stert het 'n derde van die sterre saamgesleep en hulle op die aarde gegooi (12:4a). Aan die punt van die stert is 'n donker kol in die hemelruim wat in daardie tyd abussos genoem is. Die mense het geglo dat dit die uiteinde van 'n groot geveg in die hemel was, en dat die verloorders op die aarde gegooi is in 'n hewige sterrereën. Ou-Skorpio is om hierdie rede met duisternis geassosieer.

Die dier uit die see

Die dier wat Johannes in 13:1a sien is ook in die hemel. Johannes is nog steeds op sy hemelreis as hy hierdie diere sien. Die dier uit die see is die sterrekonstellasie Cetus wat in die Noordelike Halfrond in die suide van die hemel oor die see lê. Die mense het die konstellasie die seemonster genoem. Hulle het gesê dat hy die chaos verpersoonlik Hy was ook saam met Jupiter een van die gode wat in opstand gekom het teen die groter gode en hulle oorwin het. Vir die Babiloniërs was Cetus Tiamat die god van chaos. Elke keer as daar natuur rampe was het die mense gesê dat Tiamat die oorwinning behaal het.

Die dier uit die aarde

In 13: 11 lees ons van die dier uit die aarde. Hierdie konstellasie is deur die Grieke die Dier genoem en deur die Romeine Lupus, die Wolf. Dit het in die suidelike deel van die Noordelike Halfrond gelê.

Die vrou op die dier

Openbaring 17:1 vertel ons van die vrou op die helder rooi dier se rug. Hier het ons weer met Cetus te doen wat die mense as 'n dier op die horison van die see gesien het. Bo op die konstellasie Cetus sien Johannes vir Venus. Met sonsondergang het Venus 'n helderrooi skynsel en as die planeet bokant die horison verskyn, kan dit lyk asof dit bo-op Cetus sit. Johannes beskryf haar hier as 'n heerser wat fyn uitgevat is en aan niks kortkom nie. Die "onreinheid van haar onsedelikheid" is terme wat gebruik word om afval van God te beskryf. Venus se aardse parallel word deur Johannes verduidelik, sy verteenwoordig Babilon(20:5).

HOE IS IN DAARDIE WÊRELD GESKRYF?

Johannes het die opdrag ontvang om alles wat hy op sy hemelreis gesien het neer te skryf. Vir ons is skryf 'n vanselfsprekende aksie en lees natuurlik net so maklik. In Johannes se tyd was daar maar net sowat 5% van die mense wat kon lees en net 0,05% kon werklik skryf. Skryf was 'n ambag want die skrywer moes nie net die letters kon vorm nie, maar ook self die skryfmateriaal maak. Om dus 'n boek soos Openbaring op skrif te stel sou 'n baie duur en langsame proses gewees het.

Johannes sou dit wat hy beleef het dus later aan 'n skrywer oorgedra het wat sy belewenis neergeskryf het. Ons kan sien dat dit wat hy laat skryf het, georden was en op 'n besondere manier aanmekaar geweef is. Hy gebruik die Ou Testament en sluit aan by Judese godsdienstige verwagtings. Hy omvorm egter hierdie verwagtings en ook die Helenistiese wêreldbeeld van sy hoorders. Dit is duidelik dat Johannes die sikliese tydsbeskouing van sy tyd gehad het. Sy indeling van die boek weerspieël hierdie tydsbeskouing. Hy beskryf een tydperk in sy boek: die tyd tussen die eerste koms van Jesus na die aarde toe, en sy wederkoms.

WAT SKRYF HY?

Die boek self sê in hoofstuk 1:19 dat die skrywer in gehoorsaamheid aan God skryf wat hy gesien het. Dit is dus nie in die eerste plek sy boodskap nie, maar 'n boodskap wat hy ontvang het. Hoe het hy die boodskap ontvang? Johannes vertel hoe hy op 'n hemelreis gaan. Hy beskryf hoe die Gees hom wegvoer na die hemel toe en hoe hy by 'n deur in die hemel ingaan. As iemand met 'n Westerse wêreldbeeld hom sou sien terwyl hy op die hemelreis was, sou ons gesê het dat hy in 'n alternatiewe staat van bewussyn was. Sy tydgenote sou geweet het dat dit om meer gaan as net 'n beswyming. Hulle sou deur sy woorde in hoofstuk 1:10 "deur die Gees meegevoer" verstaan het dat sy liggaam op Patmos was terwyl hy in die hemel gesien het wat gebeur. Hierdie verskynsel van alternatiewe state van bewussyn was eie aan alle godsdiens van die tyd - ook aan die Joodse godsdiens. Wat hy op sy hemelreis sien en hoor, beskryf hy. As hy dit beskryf, doen hy dit soos 'n mens van sy tyd vir mense van sy tyd..

Vir die mense van Johannes se tyd was dit dus nie vreemd dat 'n mens 'n hemelreis kon onderneem nie. Wat Johannes op hierdie reis sien, was ook nie vir hulle vreemd nie. Sy verklaring van wat hy sien was egter vir hulle verblydende bevrydende goeie nuus. Hy wil sy mense laat sien dat hulle nie uitgelewer is nie. Hulle moes verstaan dat daar in die hemel iets gebeur het toe Jesus op die aarde was. Na Jesus hoef hulle nie meer te voel of hulle uitgelewer is nie. Jesus het in die hemel die oorwinning behaal en daardie oorwinning geld nou op die aarde.

Om in ons tyd weer hierdie blydskap en bevryding te ervaar, sal ons die ongemaklikheid wat ons as mense van die een en twintigste eeu met Johannes se wêreldbeeld het, moet verwerk. Ons sal moet waak teen die neiging om te dink dat hy ons in gedagte gehad het toe hy geskryf het en sodoende sy wêreld ons s'n maak.

Hy begin deur sy hemelreis te beskryf (hoofstuk 1). Dan beskryf hy die boodskap van Jesus aan sy sewe gemeentes (hoofstukke 2 en 3). Hierdie beskrywing is nie maar net 'n aanloop voor die gesig begin nie, dit is deel van die gesig. Hy praat oor die hede van die gemeentes om vir hulle te wys waar hulle hul in die siklus van die tyd bevind. Elke gemeente is nie in dieselfde posisie nie, daarom verskil die boodskap aan elk van hulle. Dit wat in hoofstuk 4 en verder volg het met die mense in die gemeentes te doen.

In hoofstuk 4 beskryf hy hoe die hemel elke dag lyk. In hoofstuk 5 word daar beskryf hoe Jesus die een is wat die boekrol met die sewe seëls mag oopmaak. Tot in hoofstuk 8 sien ons dan hoe die sewe seëls oopgemaak word en 'n so 'n blik gee van wat aan die gebeur is in die hemel en wat die uitwerking daarvan is op die aarde.

As die sewende seël oopgemaak word, tree sewe engele met hul trompette na vore. As hulle op hul trompette blaas in hoofstuk 8 en 9, word die eerste 6 trompette geblaas. Hier sien ons weer uit 'n ander hoek hoe dit wat in die hemel gebeur 'n uitwerking op die aarde het. Die eerste vier trompette vertel hoe gelowiges en ongelowiges blootgestel is aan dit wat in die natuur gebeur. Hulle beleef egter hierdie gebeure verskillend. Die vyfde en sesde trompet fokus op die belewing van ongelowiges (9:4).

Openbaring 10 sê uit 'n hemelse hoek wat al in hoofstuk 1 gesê is. Die sewe donderslae is God wat hier praat met die sterk engel waarvan ons al in hoofstuk 5:2 gelees het. Johannes kan nie dadelik neerskryf wat hy hier hoor nie, maar in vers 11 kom dit op die lappe, hoofstuk 11 vertel dan die wonderlike waarhheid van die misterie, God se mense wat vir Hom eenkant gesit is, is sy Koninkryk en hulle sal nooit vergaan nie. In die laaste deel van hoofstuk 11 kry ons 'n afsluiting wat bevestig dat God ook oor die aarde heers en dat sy volgelinge priesters vir Hom op aarde is.

In hoofstuk 12 is daar weer 'n beskrywing van die tyd tussen Jesus se koms na die aarde toe en sy wederkoms. Dit beskryf hoe God se Koninkryk nie deur die bose oorweldig kan word nie. Die taal wat Johannes praat is die taal van sterrewiggelary en mitologie. As hy egter klaar gepraat het, is sterrewiggelary en mitologie onmoontlik. Hoofstuk 13 beskryf die mitologiese draak van hoofstuk 12 wat sy mag aan die mitologiese diere uit die see en die land gee. Hulle doen alles wat hulle kan om die gelowiges te vervolg. Hoofstuk 14 verskuif die fokus van die diere af na die gelowiges toe. Hy herinner gelowiges wat hier swaarkry, wie hulle voor God is. Hoofstuk 14 beskryf nie die hemel eendag nie, maar ons verhouding met God hier en nou. Die nuwe Sion is oral op aarde waar gelowiges God eer en dien. Hoofstuk 14:6-13 gee aan gelowiges wat na hoofstuk 13 kon dink dat die wat teen God is, die oorhand het, die ware toedrag van sake. Om in God te glo is die moeite werd. Al kry ons hier en nou swaar, hoef ons nie oor die uiteinde te bekommer te wees nie. In 14:14-20 word God se oordeel as beskerming van sy eer beskryf. Hoofstuk 15 beskryf hoe Johannes in die hemel 'n wonderbaarlike gesig sien. Hy beleef die heerlikheid van God.

Hoofstuk 16 is 'n beskrywing van God se toorn as die bakke oor die aarde uitgegooi word. Hierdie bakke raak net die ongelowiges (16:2). Die sesde bak fokus op die kruisiging van Jesus dit word egter so beskryf dat wat mense op die aarde as die kruis beleef het, in die hemel 'n oorlog tussen God en die bose is. As die 7de bak uitgegooi word kan God die woorde van die kruis uitroep, "dit is verby!" Die 7de bak fokus op die mense wat kies om God te laster. So word die kruis teken van skeiding tussen mense wat God dien en eer en die wat Hom laster.

Hoofstuk 17 is die anderkant van hoofstuk 12. Waar dit in hoofstuk 12 gegaan het oor Sion en sionsmense gaan hoofstuk 17 oor Babilon en babelmense. Die bordjies word nou verhang. Die vrou in hoofstuk 12 het swaar, maar bly op die ou end behoue omdat die mense haar versorg , die vrou van Babel lyk of sy die oorhand het, maar haar eie mense vernietig haar.
Hoofstuk 17 het die val van die hemelse Babilon beskryf, hoofstuk 18 beskryf die uitwerking daarvan op die aarde, die val van die aardse Babilon. Teen die tyd wat Johannes skryf het Babilon al lankal geval, niemand het dit weer opgerig nie. Daarom word dit nou meer as net 'n stad wat vernietig is, maar 'n beeld van die mense wat 'n Babel gesindheid het wat vernietiging beleef.

Hoofstuk 19 kontrasteer met 17 en 18. Waar dit daar gegaan het oor die lot van mense wat teen God kies, gaan dit hier oor die bruilof van die Lam wat gelowiges wys op die besondere posisie wat hulle by God het. In 19:11-21 word daar weer 'n oorlogsbeeld gebruik maar weer maak God nie oorlog nie, Hy behaal die oorwinning deur sy woord.

Die draak van hoofstuk 12 tree in hoofstuk 20 weer op die voorgrond. Hy vernietig egter nie die gelowiges nie, maar trek sy eie volgelinge saam met hom in die vuurpoel in. Gelowiges hoor in hoofstuk 21 dat gelowiges nou en eendag die hemel beleef. Nou beleef ons stukkies hemel, eendag sal dit altyd-hemel wees. Die hemelse stad wat beskryf word is nou reeds in wording.

Hoofstuk 22 gaan haal die paradys in Genesis en bring dit tot by elkeen wat Openbaring nou lees. Die boek eindig met die bevestiging dat Jesus in die wêreld aan die kom is deur elkeen in wie Hy woon.

Kobus Myburgh

Die agtergrond van die boek Jona

Wanneer is Jona geskryf?

In die geval van die boek Jona is dit belangrik om te weet wanneer dit ontstaan het. As 'n mens aanvaar dat die boek 'n voorbeeldvertelling is - 'n kategorie van die onderwysende literatuur - besef jy dat die skrywer dit vir 'n spesifieke gehoor in 'n spesifieke situasie bedoel het. Maar dit is nie maklik om die boek te dateer nie. Ons het nie soos by die profeteboeke 'n aanduiding van wie die koning was toe die boek geskryf is nie.

Ons moet maar die taal van die boek as 'n leidraad gebruik. Daar is 'n hele paar woorde in Jona wat nie voor 'n sekere datum in Hebreeus voorkom nie. So byvoorbeeld ken ons die woorde wat vir "beskik" en "tienduisend" gebruik word en 'n uitdrukking soos "die God van die hemel" slegs uit geskrifte wat geskryf is tydens of ná die Babiloniese ballingskap wat in 587 vC begin het. Dit lyk verder of die boek steun op predikers wat tydens en rondom die ballingskap geleef het, soos blyk as ons Jona 3:10 met Jeremia 18:7-8 vergelyk. Om hierdie redes reken mense vandag dat die boek tussen die vyfde en derde eeu vC ontstaan het.

Wie was die eerste lesers van Jona?

Die Babiloniese ballingskap het die populêre Joodse geloof laat wankel. Die tempel was verwoes, die troon van koning Dawid was leeg en die beloofde land was net 'n pynlike herinnering. Al die dinge wat hulle hulle nasionale identiteit gegee het, was van hulle weggeneem. Die boonste lae van die samelewing is na 'n vreemde land weggevoer. Maar daar was ook dié wat in die land agtergebly het. Al die oud-Judeërs is gedwing om nuut oor hulle identiteit en hulle God te dink.

Onder die groep wat in ballingskap weggevoer is, was daar ten minste twee sienings omtrent hulle lot. Party het die ballingskap as hulle welverdiende straf gesien. Dié straf sou egter verbygaan en dan sou God hulle aansien herstel. Vir hulle het dit beteken dat Jerusalem weer opgebou sou word en dat 'n nasaat van Dawid weer op die troon sou sit. Dan sou Israel hulle kon wreek op die nasies wat vir hulle soveel lyding veroorsaak het. Maar daar was ook ballinge wat gereken het dat die ballingskapsituasie hulle die geleentheid gee om hulle eintlike taak te vervul. God se plan het nie misluk nie. Daar waar hulle in verstrooiing sit, het hulle die unieke geleentheid om getuies van God te wees sodat die ander nasies tot aanbidding van die ware God gebring kan word. Die belofte aan Abraham dat hy tot 'n seën van die nasies sal wees, kan nou eers regtig vervul word. In hierdie teologie word Jerusalem onbelangrik. Húlle is die lydende knegte van die Here.

Maar dié wat in die land agtergebly het, het sake anders gesien. Hulle het gereken dat diegene wat in ballingskap weggevoer is die skuldiges is. Die bannelinge was in hulle oë ver van die Here af, maar hulle wat agtergebly het, was die oorblyfsel waarvan die profete gepraat het. God het die land aan húlle gegee.

Daar was dus twee groepe met 'n soort bloed-en-bodem-teologie: een groep in ballingskap en 'n ander groep wat agtergebly het. Ná die terugkeer uit ballingskap, in die tyd van Esra en Nehemia, was daar heelwat spanning tussen hierdie groepe.

In die tyd van die ballingskap het daar egter 'n belangrike ontwikkeling plaasgevind. Daar in die ballingskap het die Jode geen koning of tempel gehad om hulle 'n identiteit te gee nie. Hulle moes hul uniekheid aan iets anders koppel en het besondere klem begin lê op die Wet en die besnydenis. Die ballingskapse Jodedom het in die naballingskapstyd al hoe meer in die rigting van 'n eksklusiewe nasionalisme beweeg. God is sonder twyfel aan hulle kant en êrens in die toekoms sal die heilsprofesieë ten gunste van Israel nog uitkom, terwyl onheil die ander nasies gaan tref. Hulle leef net ongelukkig nou nog in 'n tyd wat die vloek nie heeltemal opgehef is nie. Dit is waarskynlik aan mense wat só geglo het dat die Jonaboek gerig is.

Wie is die "held" van Jona?

Ons kan vra waarom spesifiek die profeet Jona, die seun van Amittai, die hoofkarakter van die boek is en waarom Nineve die toneel van die verhaal is. Daar was eeue voor die tyd van die skrywer werklik 'n profeet met hierdie naam. Dit was in die tyd van koning Jerobeam II van Israel (2 Konings 14:25). Hierdie Jona het vir Jerobeam voorspel dat hy die grondgebied van Israel sou herower.

Die keuse van hierdie profeet as hoofkarakter was om verskeie redes baie effektief. Eerstens het daardie Jona dit voorspel waarop die skrywer se gehoor in die hede gehoop het: die herowering van verlore grondgebied. Tweedens het daar 'n goeie paar honderd jaar verbygegaan waartydens die Noordryk van Jerobeam en sy opvolgers tot niet gegaan het in plaas daarvan dat hulle veilig in herowerde gebiede gewoon het. Die blote afwesigheid van die Noordryk in die tyd van die skrywer ondersteun die boodskap van die Jonaboek. Eksklusivisme bring 'n mens nie ver nie. Ons moet anders oor God en onsself dink.

Jona en Nineve

En waarom Nineve? Teen die tyd dat die verhaal vertel is, was die stad Nineve ook nie meer wat dit in die tyd van Jona, seun van Amittai, en kort daarna was nie. Maar die verhale wat die Israeliete oor dié stad vertel het en die emosie wat daarmee gepaardgegaan het, sou nog eeue lank in die harte van die Israeliete voortleef. Hulle het gevoel Nineve is die duiwel self! En dit is te verstane, want Assirië het die Noordryk (Israel) gewelddadig tot niet gemaak en die mense van die Suidryk het net-net ontkom. Soos Jesus eeue later in 'n gelykenis 'n gehate Samaritaan sou gebruik om aan 'n selfvoldane Jood goed te doen, so word Nineve hier teen Jona ingespan.

Die boodskap van Jona

Die Jonaboek vereis dat ons diepgaande selfondersoek doen. Ons verval so maklik in 'n selfvoldane, eng geloof. Alle teenspoed en ervarings wat dit ongemaklik maak om só te bly glo, word dan geïnterpreteer as 'n blote toets van hoe sterk ons geloof is en of ons by ons beginsels kan staan. In krisistye is God egter dalk eerder besig om ons beginsels te bevraagteken as om ons uithouvermoë te toets. Die Jona van hierdie boek praat tot kort voor die einde van die verhaal in katkisasietaal - die steierwerk van sy beginsels. Eers wanneer dinge aan die einde van die verhaal breekpunt bereik, kom die kaalgestroopte Jona, die een sonder geykte frases, na vore. Maar kon hy hom uiteindelik vereenselwig met die vreemde maniere waarop God se genade werk? 'n Mens bly wonder. 'n Mens bly egter moeilik onaangeraak deur die verhaal.

OPBOU VAN DIE BOEK
Jona bestaan uit twee hoofdele wat in ewewig is. Die boek kan breedweg só ingedeel word:

I Jona 1:1-2:10 Die redding van Jona
1. 1:1-3 Jona wil nie Nineve toe gaan nie
2. 1:4-16 Jona, anders as die heidene, swyg en beur weg van die Here
3. 1:17-2:10 Jona se laagtepunt

II Jona 3:1-4:11 Die redding van Nineve
1. 3:1-4 Jona gaan uiteindelik Nineve toe
2. 3:4-4:5 Die bekering van die Nineviete
3. 4:6-11 God se genade en Jona se woede

Willie van Heerden

2007-02-09

INLIG-AKTUEEL 3/2007

Vir die tydperk ±25 tot 1 Februarie 2007

Saamgestel deur ABID



U welkom is om die volledige weergawe van verkorte berigte vanaf ngkinlig@mweb.co.za aan te vra.



EERS OOR KINDERS

‘Bid vir my kind,’ vra ma ná weerlig; Beeld, Jan 31 2007

’n Ma van Pretoria het mense gevra om vir haar 13-jarige dogter te bid nadat sy en ’n sesjarige maatjie deur die weerlig getref is tydens ’n piekniek by die Hennopsrivier-ontspanningsoord in Centurion. Shanon Jansen (13) is in ’n bedenklike toestand in die waakeenheid van die Unitas-hospitaal in Centurion nadat sy Sondag omstreeks 14:30 brandwonde aan haar bors opgedoen het. Haar brein is ook geswel en haar hart en sommige organe is beskadig. Volgens me. Corné Bekker, woordvoerder van die hospitaal, wil dit voorkom of die weerligstraal by Shanon se een lies uit is nadat dit haar getref het. ‘Haar ma, mev. Debbie Jansen, het gevra dat soveel mense moontlik asseblief vir haar kind bid,’ het Bekker gesê. Marco Helberg (6) van Pretoria Tuine in die weste van Pretoria, se beenhare is afgeskroei en sy linker-middelvinger is gebreek toe die weerlig hom getref het. Die kinders was naby ’n boom toe die weerlig hulle getref het. ... Mev. Louise Helberg, Marco se ma, het gesê dit het eers sag begin reën. ‘Die grootmense het hul goed in hul motors begin laai en die volgende oomblik was daar ’n harde slag. ‘Toe ons weer sien, lê Marco en Shanon bewusteloos. Ek kan nie vir jou beskryf hoe ek gevoel het toe ek my kind daar sien lê nie.’ Helberg sê Marco, ’n gr. 1-leerling aan Laerskool Saamspan, het gelukkig gou bygekom en toe jaag sy met hom hospitaal toe. ‘Ons is gelukkig dat Marco so lig daarvan afgekom het. Dit kon baie erger gewees het.’ Virginia Keppler



‘Dankie dat U die bye weggehou het, Liewe Jesus . . .’; Volksblad, Jan 30 2007

‘Dankie Liewe Jesus dat Liewe Jesus die bye weggehou het en dat my maatjies nie seergekry het nie . . .’ Dít was een van die gebedjies wat ’n kind by die Hansie en Grietjie-kleuterskool opgesê het nadat ’n swerm bye eergister op dié skool in Pretoria-Noord toegesak het .... Gisteroggend het die kinders ook gebid en dankie gesê dat hulle die bysteke oorleef het. Teen gister was nog net ’n vyfjarige seuntjie in die Eugène Marais-hospitaal. Volgens Van Niekerk is die kind ’n asmalyer en word hy as voorsorgmaatreël vir waarneming in die hospitaal gehou. Een kind is klaarblyklik meer as 60 keer deur bye gesteek en is in die Montana-hospitaal se waakeenheid opgeneem. Hy is teen gister ook ontslaan. Meer as 40 kinders het bysteke gekry toe die swerm bye laatmiddag op die skool toegesak het. Die swerm was vermoedelik afkomstig van ’n perseel langs die skool. Van Niekerk sou gisteraand met ’n byekenner vergader sodat die skool en die omliggende geboue deurgesoek kon word om te kyk of alles nou weer veilig is. Dinge was gister ook terug na normaal by die skool. ‘Alles is reg hier. Die kinders is vrolik en vriendelik,’ het sy gesê. Sy het ook lede van die Tshwane-nooddienste en Netcare 911 geloof vir hul hulp om die situasie onder beheer te hou en die kinders te help. Christel Raubenheimer



NG KERK - NUUS

Die berig Burgerlike alliansie moet polisie help, sê NG Kerk; Burger, 25.01.2007 is by die gedeelte oor Misdaad ingevoeg.



K 29896:‘Kletskerk’ geskei van ‘Kerkbode’ na klagtes, Die Burger, 30.01.2007

Besware teen godslastering op die NG Kerk se webwerf het daartoe gelei dat die kerk waarskynlik die enigste forum waarin daar gesprekke tussen gelowiges en ongelowiges gevoer is, verloor het. Dié forum, bekend as die kletskerk, is deur die kommunikasiekantoor van die NG Kerk bedryf as ’n gespreksforum op die internet waar daar oor kerklike en geloofskwessies gepraat kon word. Een van die kletskamers is ’n oop forum waarin ateïste hul sê kon sê en waar gelowiges met hulle kon gesels. Ds. Johann Symington, direkteur van kommunikasie van die NG Kerk, sê van die ongelowiges het daarop die spot gedryf met Christene en hul geloof en hulle het godslasterlikhede kwytgeraak. Dit het egter ook geleentheid geskep waar die kerk met sulke mense in gesprek kon tree. Symington bestempel dit as ’n sendingveld waar die kerk mense kon bereik wat glad nie meer in die kerk sou kom nie – maar wat belangstel in wie en wat God is, al ontken hulle sy bestaan. Jean Oosthuizen, joernalis van die Kerkbode wat die kletskerk bedryf, sê in die proses was daar mense wat van hul woede teenoor die kerk ontslae geraak het. Talle mense het ook ná ’n tydjie op die kletskerk te kenne gegee dat hulle met nuwe oë na Christene en die kerk kyk.
Nie almal in die kerk was egter te vinde vir sulke oop gesprekke nie. Symington sê die Moreletapark-gemeente in Pretoria sowel as ’n groep lidmate in KwaZulu-Natal het beswaar gemaak teen die webwerf. Uit KwaZulu-Natal was daar selfs ’n dreigement om ’n hofbevel te probeer kry om die webwerf te sluit. Symington sê hulle het daarom besluit om die bande tussen die NG Kerk se webwerwe en die kletskerk heeltemal te verbreek. Oosthuizen bedryf die webwerf nou op sy eie tyd as ’n private projek. Oor die pogings om die webwerf te sluit, sê Symington dit sou ’n doeltreffende kanaal waar die kerk met begrip en deernis na skeptici en verwardes sou luister, afsny. Neels Jackson



K 29895: Spietkop looi kerkgangers; Isabel Dreyer, Gordonsbaai; Burger, 30.01.2007

SONDAGOGGEND 21 Januarie suiker ek op Gordonsbaai af na die pragtige kerkie naby die see.
Dis tienuur en ek spook om ’n parkeerplek te vind, maar daar is niks. Die strande is reeds vol. Ek oorweeg om iemand naby die kerk vas te trek in die hoop dat dit ’n mede-lidmaat is, maar besluit daarteen. Uit radeloosheid parkeer ek toe maar op ’n rooi streep. ’n Groot fout. Terwyl ek teen ’n spoed afpik kerk toe, besluit ek om van alle hoëhakskoene in my kas ontslae te raak. Niks is erger as ’n middeljarige vrou wat natgesweet en blaas-blaas ’n minuut of wat laat by die kerk instorm nie. Ná ’n uur en 5 minute is ek terug. Die pienk ‘tikkit’ is egter vasgeplak. Die hele straatjie se kerkgangers is gelooi teen R500 ’n hou. Dit nou ná ’n wonderlike preek van ds. Le Roux om asseblief meer positief te wees en nie hier onder te sit soos ’n gans nie, maar om te vlieg soos ’n arend.
Ek woon nou drie jaar lank permanent op Gordonsbaai en regtig, ek het nog nooit ’n spietkop gesien nie. Hulle sluip rond as ons nie kan sien nie. Daardie selfde aand om sesuur ry ons in Kusweg en ek tel ongeveer 70 motors wat op rooi strepe geparkeer is, waar was die spietkops toe? ’n Mens kan mos nie net vir een uur op ’n Sondag werk as dit gaan oor geldmaak nie. Moet reg en orde nie gehandhaaf word nie? Ek wonder, kan daar weens die probleem met parkeerplek nie plakkers aan kerkgangers gegee word sodat hulle op ’n Sondagoggend dienste kan bywoon sonder om parkeerkaartjies te kry nie?



KERK - NUUS

Kerkraad maan oor Sondagsport; Die kerkraad van die Gereformeerde Kerk Welkom; Volksblad, Jan 26 2007

Die kerkraad van die Gereformeerde Kerk Welkom wil hiermee sy kommer uitspreek oor die oortreding van die Vierde Gebod. Hoewel die probleem landwyd voorkom, is ons veral bekommerd oor Christene in ons streek wat hulle nie aan die Bybel se opdrag steur nie, maar toenemend aan Sondagsport deelneem. Volgens Statistieke SA is 75% van alle Suid-Afrikaners belydende Christene. Die Gereformeerde Kerk wil dus met vrymoedigheid hierdie saak met mede-Christene opneem, en om hulle op die erns van die saak te wys. Bekende sportsoorte soos rugby, netbal en fietsry, wat nie voorheen op Sondae bedryf is nie, het nou ook skielik Sondagsport geword. ... Teenstanders van Sondag maak die fout dat hulle dink Christene het maar net die Sabbat met Sondag vervang. Dit is inderwaarheid nie so nie. Jesus is die werklikheid van die Vierde Gebod. Die werklikheid van die Sabbat gaan nie oor die ‘naam van ’n dag’ nie, maar oor ’n ‘persoon’, en daardie Persoon is Jesus Christus. ... Omdat God volmaak is, kan Hy nie liggaamlik moeg word nie. Hy het dus nie ‘liggaamlik gerus’, soos die mens dit verstaan nie, maar Hy het Hom van Sy alledaagse bedrywighede ‘onttrek’ en dit (die sewende dag) ‘geheilig’. Hy het na Sy skeppingswerk (wat Hy in ses dae gemaak het) gekyk, en dit was goed. Net so wil Christus dat die mens na God se skeppingswerk kyk, dit bewonder, en Hom dan daarvoor dank, loof en eer. Dit is wat God bedoel as Hy in die Vierde Gebod van ‘rus’ praat. ...



K 29894: Dreigemente teen Moslem-skool bekyk; Burger, 27.01.2007

KAAPSTAD. – Die Kaapse burgemeester, me. Helen Zille, sê die intimidasie van personeel en leerders by ’n Moslem-skool in Goodwood is heeltemal onaanvaarbaar. Zille het gereageer op berigte dat die Nurul- Islamitiese skool in die woonbuurt ‘geterroriseer’ word deur gesiglose inwoners wat na bewering anti-Moslem is en onder meer haatbriewe na die skool gestuur het. Volgens Zille het onverdraagsaamheid geen plek in die Moederstad nie. ... Zille het gesê hoewel die skool deur die hooggeregshof hier beveel is om na ’n ander perseel te verskuif omdat die huidige een weens gesondheids- en veiligheidswetgewing nie vir ’n skool gesoneer is nie, wil sy hê dit moet aanhou funksioneer. ... Mnr. Junaid Chafeker, skoolhoof, het gesê die skool ontvang sedert hul stigting in 2004 klagtes van inwoners wat glo spruit uit die geraas wat leerders tydens pouses maak en oor die onwettige gebruik van ’n munisipale erf. Die skool het tans 65 leerders en 10 onderwysers. Hy het gesê daar is ’n behoefte aan ’n Islamitiese skool in dié gebied. ‘Inwoners kla oor die geraas, maar ons glo dit is weens ons geloof en ras.’ Volgens Chafeker gooi mense gereeld wynbottels op die perseel en is daar reeds twee maal haatpos aan die skool gestuur. ‘Dít is ’n persoonlike aanval op die

Moslemgeloof.’ Volgens hom het die skool reeds aansoek gedoen om dié perseel vir vyf jaar te gebruik, maar is dié versoek ‘onregverdiglik’ geweier.... Mnr. Chris Smith, het gesê hulle het die skool se versoek om die perseel vir vyf jaar te benut, teengestaan omdat die mobiele klaskamers onwettig opgerig is en weens die onwettige uitbreiding van die erf. ‘Die raad het reeds twee persele aan die skool voorgestel, maar hulle het dit geweier.’ Die skool is verlede jaar ’n boete van R20 000 deur die hooggeregshof opgelê. Volgens Chafeker het die skool tot dusver R30 000 aan regskoste bestee. Richard Roberts



Kerkgenootskappe gatvol vir gemors; Danie van Huyssteen; Beeld, 26.01.2007

GARIEPDAM. – ‘Hoe moet ons die woord van die Here verkondig in so ’n vuil saal?’ Só vra past. Jan Greeff van die United Mission-kerk hier nadat hulle ure moes swoeg om die gemeenskapsaal skoon te kry vir die afgelope Oujaarsdiens. ‘Die saal was vuil met wynkolle en sigaretstompies. ‘Al die broers het gehelp en die gemeente het gewag dat die diens kon begin. ‘Dis telkens so vuil nadat die saal vir ’n dronknes verhuur is.’ Daar is tien kerkgenootskappe op Gariepdam, maar net die NG Kerk het twee kerkgeboue in die dorp. Die ander kerkgenootskappe moet almal die gemeenskapsaal gebruik en dit is waar die probleme

inkom. Die gemeenskapsaal in Hydropark word ook vir talle ander funksies verhuur en die kerke moet dan eers dié se gemors skoonmaak voordat hul kerkdienste kan begin. ..’Ons het nie ons eie gebou nie en moet betaal om die woord van die Here te verkondig aan ons mense.’ Priester Augus Wesenaar van die Apostel- kerk sê hulle moet die munisipaliteit R15 per diens betaal. ...



K 29893: Katolieke Kerk in twis oor gay-aanneming; Burger, 27.01.2007

LONDEN. – Die Katolieke Kerk se versoek dat hy nie kinders aan gay mense vir aanneming beskikbaar hoef te stel nie wek nou groot opspraak. Kerkleiers het vroeër gesê Katolieke agentskappe, wat jaarliks huise vir sowat 230 kinders vind, sal eerder hul deure sluit as om die kinders deur homoseksuele te laat aanneem. Kardinaal Cormac Murphy-O’Connor het ’n skrywe aan die Britse premier, mnr. Tony Blair, gerig waarin hy vra dat die kerk se aannemingsagentskappe nie kinders by gay-paartjies hoef te plaas nie. Ingevolge die land se gelykheidswet wat van April in werking sal wees, sal diskriminasie by die verskaffing van goedere, plekke en diens op grond van seksuele oriëntasie verbied word. Blair kry sterk teenkanting van LP’s omdat hy na moontlikhede wil kyk om die probleem op te los. LP’s meen die Katolieke Kerk moenie spesiale behandeling kry nie. Blair het gesê hy sal oplossings vind om diskriminasie teen homoseksuele te beëindig, terwyl daar ook gekyk sal word hoe kwesbare kinders wat hulp met aanneming van die Katolieke agentskappe kry, beskerm kan word. Mnr. Alan Johnson, minister van onderwys, het aan Sky News gesê hy meen nie die kerk moet uitsluiting kry nie. –Joylene van Wyk



K 29888: Artikels oor gay-wees; T. Kilian Brackenfell; Burger, 27.01.2007

DIE uiteenlopende perspektief en menings van skrywers in reaksie op die artikel oor die Nagtegaals is ’n demonstrasie van die samestelling van ons hedendaagse samelewing. ...



K 29889: Verdraagsaamheid teenoor gays nodig; Gay, Vredekloof; Burger, 27.01.2007

EK volg die gay-debat in Die Burger se briewekolomme die laaste paar jaar intens en het ook die artikel oor die Nagtegaals en die negatiewe reaksie daarop in die By gelees. Dit verbyster my elke keer dat mense wat klaarblyklik niks van die gay-leefwyse weet nie, hulle aanmatig om waarde-uitsprake oor ander te maak. ..



MISDAAD



NG Kerk : ‘n Burgerlike Alliansie

K 29881: Burgerlike alliansie moet polisie help, sê NG Kerk; Burger, 25.01.2007
Die tyd is ryp vir ’n sterk, gedepolitiseerde alliansie uit die burgerlike samelewing om die polisie te begelei, te adviseer en by te staan, sê die moderatuur van die NG Kerk. Die moderatuur doen in ’n verklaring ’n beroep op die regering om sterk teen misdaad op te tree sodat mense in die land se potensiaal kan bly glo, energie en geld hier kan bly belê en ’n toekoms vir elke kind in die land kan moontlik maak. Die kerkleiers sê hulle is diep bekommerd oor die geweldsituasie in Suid-Afrika ‘wat net nie wil beter word nie’. Hulle is egter amper meer bekommerd oor die gees van negatiwiteit, onverskilligheid en wrewel wat by mense opbou. Mense begin hoop opgee, want dit voel vir hulle of die situasie in die land buite beheer geraak het en daar geen wil is om dit reg te kry nie, meen die leiers. Hulle begin ook hoor van mense wat dreig om die reg in eie hande te neem, wat die moderatuur bekommerd maak. Een van die grootste probleme is ‘die huiwering van die regering om hulself ondubbelsinnig en toegespits te verbind aan die beswering van geweld en misdadigheid in al sy vorms,’ sê die moderatuur. Daar word gemengde boodskappe gestuur wat mense frustreer en moedeloos maak – die onlangse uitspraak van pres. Thabo Mbeki is ’n voorbeeld daarvan.
Daarby was daar ’n rits voorvalle wat die vertroue van die publiek in die leierskap van die polisie ondergrawe. Die verklaring noem die ‘oënskynlike beskerming’ en die bevoorregting in tronke. Sonder dat name genoem word, is dit klaarblyklike verwysings na die gevalle van mnr. Robert McBride, Tony Yengeni en Schabir Shaik. Die moderatuur sê hy is nie negatief nie en probeer nie fout vind nie. Die NG Kerk het sedert 1990 baie gedoen om sy mense positief in te stem en by te dra tot die opbou van die land. Die kerkgemeenskap is egter die afgelope maande weer geskok deur ’n vlaag van geweldmisdaad wat net nie end kry nie. ‘Dit is inderdaad moontlik om op pad winkel toe beroof en selfs geskiet te word. Mense voel nie veilig nie en glo nie meer dat die polisie in staat is om hulle te help in gevaarlike en doodsbedreigende situasies nie.’ njackson@beeld.com



MISDAAD: Waar lê die Probleem

‘Wanneer het ons pad byster geraak?’; Beeld, Jan 31 2007

Kaapstad. – Adj.pres. Phumzile Mlambo-Ngcuka het gister sterk uitgevaar teen die wrede aard van misdaad in Suid-Afrika. ‘Wanneer het ons die pad byster geraak? Hoekom put sommige mense soveel genot daaruit om ander seer te maak?’ wou sy tydens ’n konferensie oor morele herlewing weet. ‘Hoekom word mense vir die inhoud van hul handsakke – of selfs minder – vermoor?’ wou sy by lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se kapelaansdiens – wat die konferensie gereël het – weet. Mlambo-Ngcuka sê hoewel misdaad die afgelope jare afgeneem het, het die wrede aard daarvan toegeneem. ‘Julle moet hierdie dinge bespreek en antwoorde probeer vind. Julle moet probeer vasstel hoekom soveel mans – en deesdae ook vroue – hul gesinne vermoor,’ het sy aan die kapelaans gesê. Mlambo-Ngcuka het verder gesê ouers doen nie genoeg om hul kinders op die regte morele pad te plaas nie. ‘Ons hoor gereeld van probleme wat deur allerlei organisasies en belangegroepe geopper word. My vraag is egter: Waar is die ouers? Hoekom staan hulle nie op nie?’ Met nóg ’n verwysing na misdaad het die adjunkpresident gesê ‘verkragters en rowers is tog iemand se broer, neef, oom of pa’. ‘Waar is dié mense se familielede en hoekom hoor ons nie van hulle nie?’ wou sy weet. Boonop, meen sy, word meer as 80% van alle moorde en verkragtings in die land deur mense gepleeg wat die slagoffer ken. ‘Ons kan tog nie verwag dat die polisie in elke huis moet wees nie. Nee, hier moet ouers en familielede ’n groter rol begin speel,’ het sy gesê. Die adjunkpresident het ook genoem dat die land se morele toekoms nie net in die hande van godsdienstiges gelaat moet word nie, maar dat elke burger ’n bydrae moet lewer. ...’Sy het ook uitgevaar teen korrupsie in die staatsdiens en veral uniformdraende lede daaraan herinner dat hulle aan ’n hoër morele standaard gemeet word – of hulle nou aan diens is of nie. ‘Deel van die morele herlewing van hierdie land gaan ook daaroor dat staatsamptenare se dienslewering moet verbeter. Dit is immoreel om swak te presteer. Dit is immoreel om só geld by die staat te steel wat vir die armes bedoel is. Dit is immoreel om nie korrupsie aan te meld nie,’ het sy voorts gesê. Laastens het Mlambo-Ngcuka gesê daar rus ook ’n morele plig op mense om hul rykdom te deel. ‘Dit is heeltemal immoreel dat sommige mense elke aand kos in die asblik weggooi terwyl ander met leë mae gaan slaap.’ Deon de Lange



HOE LYK ‘N MISDADIGER

Hoe slim is dié wat steel, roof en moor? Beeld, Jan 25 2007

In The silence of the lambs het rolprentgangers kennis gemaak met die psigopaat en reeksmoordenaar, Hannibal Lecter. Hy is hiper-intelligent en word deur die FBI gebruik om leidrade te kry om nóg ’n psigopatiese reeksmoordenaar vas te trek. So is daar baie ander rolprente, soos Catch me if you can, Entrapment, Gone in sixty seconds en Ocean’s eleven en -twelve wat misdadigers as hoogs intelligente lede van die samelewing uitbeeld. Maar is dít net ’n romantisering van misdadigers, of sit dié rolprente die pot dalk glad nie mis nie? ...’Dis ’n algemene fout wat mense maak om te dink dat misdadigers vreeslik intelligent is. Die kriminele bevolking het, soos die gewone bevolking, ook maar jou mense met gemiddelde, ondergemiddelde en bogemiddelde IK’s. Mense wat bedrog pleeg, is egter gewoonlik meer intelligent as jou handsakdiewe.’ ... Dr. Christiaan Bezuidenhout, senior lektor in kriminologie aan die Universiteit van Pretoria, sê ook misdadigers wat bedrog en korrupsie pleeg, is dikwels intelligente mense in magsposisies, maar stem saam dat dit nie vir die hele misdadige bevolking geld nie. ... Bezuidenhout onderskei tussen geleentheidsdiewe en professionele misdadigers. ‘Geleentheidsdiewe is meesters daarin om mense se swakpunte uit te buit. Hulle is kreatief, maar beslis nie noodwendig slim nie. Hulle kan heeldag onder ’n boom sit en beplan hoe hulle ’n misdaad gaan pleeg.’ Die professionele misdadiger se kennis van misdaad is baie goed, verduidelik Bezuidenhout. ‘Hulle is gewoonlik mense wat in die weermag of in die buiteland opgelei is en hulle kan vuurwapens hanteer. ... Watter faktore lei tot die kweek van 'n misdadiger? Wat motiveer mense tot misdaad? Bezuidenhout verduidelik: "Kinders word vandag in 'n kultuur van misdadigheid groot. Matriargale enkelouer- huishoudings sukkel gewoonlik die meeste met veral hul seuns wat hulself tot misdaad wend." ...

Daar is volgens Bezuidenhout drie dinge wat in ag geneem moet word om die motivering van misdadigers te verstaan. *Die voorafgaande faktore: Dié faktore sluit 'n kind se huislike omstandighede in. As die pa byvoorbeeld 'n alkoholis of die ma 'n prostituut is en daar geweld in die huis is, beïnvloed dit die kind negatief. Watter soort vriende die kind het en of hy dwelms gebruik, speel ook 'n rol. *Die tweede faktor is die frekwensie van sulke faktore in die kind se lewe. "Hoe meer blootstelling die kind aan negatiewe faktore het, hoe hoër is die kind se risiko om dit te moduleer (na te maak)." *Die derde is die argument van nature and nurture. "Ek glo 60% van 'n mens se persoonlikheid is aangebore (nature) en 40% die omgewingsaspekte (nurture)."

Daar is egter volgens Bezuidenhout een groot aspek wat misdadigers van ander mense skei. Dít noem hy die onderliggende faktor. "Dít is wat jou motiveer om by misdaad betrokke te raak of nie. 'n Mens kan dit 'n onderliggende morele buffer noem. Daar is al talle studies gedoen oor tweelinge en broers en susters wat in dieselfde huis grootgeword het waar die een 'n misdadiger is en die ander een 'n top- presteerder. Daar kan dus nie voorspel word hoe 'n kind op sekere omgewingstimuli gaan reageer nie." Bezuidenhout glo ook dat kinders in 'n kultuur van geweld gebore word. "Tydens die opstande in 1976 het geweld gewerk. In verhoudings en gesinne kan 'n mens dit ook sien: as die man hard praat, is almal stil. Ons sosialiseer ons kinders om suksesvol te wees deur konflik." Kapers werk volgens Bezuidenhout juis op die beginsel van vrees en konflik. *Wat is groeperings, bendes en sindikate? *Wat is 'n psigopaat en 'n sosiopaat? ...



NAVORSING OOR MISDAAD

Aan die lyf, in jou kop; Beeld, Jan 30 2007

As ’n mens goeie nuus in misdaadstatistieke sedert 1994 soek, sal jy dit sekerlik kry.

Die gevalle per 100 000 mense in 18 van die 21 ernstigste misdade waarvan die polisie rekord hou, het volgens mnr. Kerwin Lebone, navorser van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings (SAIRV), in dié tydperk afgeneem. ... Lebone en dr. Johan Burger, senior navorser in die strafregprogram van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS), meen die daling in die getal moorde per 100 000 mense is een van die beduidendste neigings in die misdaadstatistieke sedert 1994. In 1994 -’05 is 66,9 uit elke 100 000 Suid-Afrikaners vermoor, teenoor 39,5 die afgelope boekjaar (2005-’06). Die moordkoers hier is egter steeds bykans agt keer hoër as die wêreldgemiddelde (5,5 per 100 000), maan Burger. ... Onlangse neigings wat kommer aanwakker, is huisrooftogte wat in die styl van plaasaanvalle gepleeg word en ’n toename ( 32% van 2004-’05 tot 2005-’06) in rooftogte by winkelsentrums, restaurante en ander vermaakplekke. In die ISS se misdaadslagofferpeiling (2003) onder 4 862 respondente ouer as 16 jaar het 58% gesê hulle voel ‘baie onveilig’ as hulle ná donker alleen in hul gebied sou loop. In ’n vergelykbare studie in 1998 het ’n kwart so gesê. .. Burger glo ’n algemene afwaartse neiging in misdaadstatistieke sal vir etlike jare volgehou moet word voordat die ‘gewone ou dit sal ervaar’. Hy sê mense se persepsies oor misdaad ‘kom nie uit die lug nie’. ‘Ons situasie is baie erg. Selfs met die positiewe tekens die afgelope twee tot drie jaar is die misdaadvlakke steeds heeltemal te hoog vir die mens op voetsoolvlak.’ Die peiling het voorts bevind die misdade wat mense die meeste in hul gebied vrees, is moord, huisbraak, seksuele aanranding of verkragting, en roof. Te midde van die toutrekkery tussen diegene (veral die owerhede) wat glo die misdaadvlakke is aanvaarbaar, en dié wat politiek of andersins wil baat vind by die opswepery van mense oor die misdaadsituasie, meen Prinsloo ’n belangrike barometer vir die werklike situasie is die invloed van misdaad op lewensgehalte. ‘As iemand ’n gewelddadige, bisarre misdaadsituasie selfs net indirek ervaar het, sal dit moeilik wees om hom te oortuig misdaad is op ’n aanvaarbare vlak.’ Hy meen die onvoorspelbaarheid van die situasie (dat die bedreiging nie uitgewys kan word nie) dra by tot dié onsekerheid. Prinsloo glo solank misdaad geregverdig word, sal die misdaadsituasie in die land nie normaliseer nie. ‘Rasionalisasie soos dat dit uit materiële nood gebeur, is ’n growwe veralgemening. As jy byvoorbeeld kyk na die viktimisasie van pendelaars, is dit jong opportuniste wat dié mense teiken en beroof. Die mense wat reeds die swaarste kry, word die slagoffers.’ ’n Deel van die oplossing lê volgens hom in die vestiging van gemeenskaplike waardes, insluitend erkenning vir die waarde van lewe en eiendom. Dít begin in die eerste plek by die individu – deur ‘positiewe sosialisering in die kleinste verband’. Hy sê verskeie strukture moet konstante en gesonde waardes voorhou. ... Die polisie het nie op Beeld se navrae geantwoord nie.



Internet vol berigte oor Rattray-moord, misdaad; G.P. van der Walt, Vanderbijlpark; Beeld, Jan 30, 2007

Die moord op ’n persoon wat werklik lief vir Suid-Afrika was, maak wêreldwyd groot opslae met skokkende negatiewe beriggewing oor ons land. Ek het gisteroggend die sleutelwoorde ‘Rattray attack’ op die Yahoo-soekenjin ingetik en in ’n onverwagte reaksie op letterlik duisende berigte oor die moord afgekom. Baie van die berigte is deur bekende Britse koerante. Wat ontstellend is, is dat die toenemende misdadigheid in die land ook in die beriggewing opgerakel word. Statistieke word genoem en sommige berigte plaas selfs ’n vraagteken oor die haalbaarheid van die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010. Ek wil graag sommige van die artikels aanhaal, maar voel dat elke leser wat ’n rekenaar het, dié berigte self behoort te lees.



GODSDIENS-AKTUEEL

K 29897: Evangelie nie net oor verlossing; Coenie Burger, Godsdiens-Aktueel; Beeld, Jan 28, 2007

Meer mense het al vir my gevra hoe jy die statistieke oor die fenomenale groei van die Christendom in Afrika moet verstaan. Daar word gerapporteer dat Afrika een van die plekke is waar die Christendom baie sterk aan die groei is. Statistieke sê die getal mense wat aan Christelike kerke behoort, het in die laaste 100 jaar gegroei vanaf 12 miljoen tot 360 miljoen. As hulle hierdie syfers hoor, is daar mense wat begin wonder en vrae vra. Hoekom lyk dit dan soms of dit nie veel beter gaan in Afrika as 100 jaar gelede nie? Wat van soveel menseregteskendings, van onbillike gebruike, van korrupsie en wanbestuur? Daar is ’n paar faktore wat ’n mens in berekening moet bring voordat jy die statistieke ernstig begin betwyfel. Ek het die afgelope tyd twee verduidelikings gehoor wat my gehelp het om meer begrip vir die situasie te hê.

Die snelle groei van die Christendom is in baie Afrika-lande nie soseer onder die ryker en meer invloedryke dele van die bevolking nie, maar onder die armes en magloses. Soos dit so dikwels gegaan het in die geskiedenis, was dit hier ook in eerste plek vroue wat die evangelie omhels het en regtig ernstig is daaroor. Ons weet dit ook in Suid-Afrika dat baie gemeentes gedra word deur vrouelidmate. ’n Tweede verklaring wat gegee word is dat daar in 100–150 jaar van Christendom nog nie genoeg tyd was vir die behoorlike deurwerking van die Christendom na die institusionele en die publieke lewe van Afrika nie. Oor die volle implikasies wat die Christelike geloof het vir die familielewe van Afrika, of vir die ekonomiese en politieke sisteme van Afrika, is nog lank nie klaar gedink nie. Dit is een van die belangrikste take wat in die volgende dekades vir die kerk in Afrika voorlê. My indruk is dat ons in die politiek en ekonomie heen-en-weer swaai tussen tradisionele Afrika-modelle en pogings om Westerse modelle van demokrasie en kapatalisme hier te probeer vestig. Ons het ’n wyer gesprek hieroor nodig. Hierdie twee verduideliking het my gehelp om meer simpatiek te kyk na die jong en brose Christelike kerk in Afrika.

Daar is nog ’n derde verduideliking. Maar anders as die boonste twee, mag ons dié een nie te simpatiek hanteer nie. Dit is asof baie Christene en kerke nie ’n helder beeld het van die morele implikasies van die evangelie nie. Ek is nie die eerste om dit te sê nie. Meer Afrika-kerkleiers, waaronder Sam Kobia, die Keniaanse predikant wat hoofsekretaris van die Wêreldraad van Kerke is, sê dit gereeld. ’n Deel van die storie daaragter moet ’n mens wel verstaan. ’n Jong Wes-Afrika-kerkleier het ’n tyd terug vir my gesê dat in sekere dele die mense so vinnig tot bekering kom dat hulle nie kans kry om met hulle te praat oor dissipelskap en die morele implikasies van die geloof nie! Terwyl ons die kerkleier hoor en sy probleem verstaan, kan ons nie bekostig om net ons skouers op te trek nie. Ek glo dat dit die grootste enkele uitdaging vir die kerk in Afrika is dat ons duideliker moet praat oor die morele waardes wat pas by die evangelie. En dat meer van ons sal begin om dit regtig te leef.

Hierdie faling van die kerk kan ons duur te staan kom. Dink byvoorbeeld aan korrupsie. As ons korrupsie in Suid-Afrika nie vinnig stuit nie, gaan dit ingebore word en gaan ons land mank wees vir dekades. My bekommernis? As die kerke en Christene nie altyd ’n duidelike beeld van reg en verkeerd het nie, hoe op die aarde gaan ons iets soos korrupsie keer? Ons Afrikaanssprekende Christene moet oppas om te dink dat hierdie ander mense se probleem is. Kom ons wees maar eerlik en erken dat al die kerke in Afrika ouer en jonger, swart en wit hiermee sukkel. Dit is net die spesifieke morele sake waarmee kerkgemeenskappe sukkel wat verskil. Dis ook nie net die kerke in Afrika wat sukkel nie. Bush en sy Amerikaanse Christene doen nie regtig veel beter nie!

Die probleem met die Christendom, het Chesterton gesê, is nie dat mense dit probeer het en dit toe nie gewerk het nie. Die waarheid is dat die meeste Christene dit te moeilik en veeleisend gevind en dit nog nooit régtig probeer het nie. Dis tyd dat ons wat onsself Christene noem, nie net ons woorde nie, maar ook ons denke, emosies en dade laat beheers deur die patroon van die evangelie.



RONDOM EN IN ONS GEMEENSKAPPE

Rastafarians aim to shut down tik dealers; The Cape Times, January 31, 2007

Ocean View's Rastafarians have started a blockade of tik dealers' homes as part of their campaign to chase drug peddlers out of the township. The incensed Rastas say they've had enough of the damage tik has caused the disadvantaged community near Kommetjie, and would mobilise residents to support the campaign. "We want to do this in a peaceful way. It has become our responsibility as peace-loving people to understand what tik does, especially to children. We can and will make it work if we stand together. "You can't have a situation where as individuals we say we can't do anything. Then the whole community is helpless," Rasta elder Michael Paterson said. ... 'It is not the tik that is the problem, it is the people who use it' The dealer, who refused to be named, admitted that tik caused great harm to users, but said he was a businessman and would stop making money if there were no customers. "It is not the tik that is the problem, it is the people who use it. I know drugs are wrong and some people are against it. I can agree with the community, but to stop smuggling just like this is going to be difficult. To me it is just, if the community don't support you, you don't have a business," he said. ... Asked about their own use of dagga, Paterson's friend Zebulon Tafari said: "Rooting out tik is not a Rasta thing. It is about the tik disease eating our community, destroying families and lives. How can we allow this to go on? Who benefits from this? It is 2007 and high time people are freed." ... By Aziz Hartley



Capacity at breaking point, Eskom warns; By Samantha Enslin; Business Report on January 30, 2007.
Durban - More blackouts may be on the way after Eskom warned South Africans yesterday evening that it was short of 6 500 megawatts because up to 15 of its electricity generating units were down. This warning, following blackouts a fortnight ago, underlines the precarious position facing the economy until Eskom's capital expenditure plan begins to add capacity. Andrew Etzinger, Eskom's general manager of investment strategy, said yesterday: "We have eaten into our normal operating margin of 1 600MW", meaning that the situation was tight. To prevent load shedding, Eskom appealed to businesses and consumers to conserve electricity. In its statement Eskom said: "Currently the risk of load shedding is low. However, if additional generating plant goes on unplanned outage, the possibility of load shedding will increase and, if necessary, load shedding will be done on a rotational basis." Load shedding took place across the country on January 18, when some units shut down unexpectedly while several other units were down for planned maintenance. Last week the utility's chief executive, Thulani Gcabashe, said South Africa would have to live with tight electricity supply until about 2010, when the big new power stations now under construction would begin generating electricity. ... Published on the web



Nag SA se voorland; Andrew Kenny; Burger, 31/01/2007

Suid-Afrikaners sal eers oor sowat tien jaar sonder kerse kan gaan slaap – mits die regering onmiddellik daadwerklike stappe doen om die kragkrisis op te los, skryf Andrew Kenny. SA beleef ’n elektrisiteitskrisis wat kragonderbrekings kan meebring, ons reputasie kan skaad en toekomstige ekonomiese groei in die gedrang kan bring. Ons het ’n kritieke tekort aan opwekkingskapasiteit. Die rede is baie eenvoudig: Ons het nie kragsentrales gebou toe dit baie jare gelede duidelik was dat ons dit gaan nodig kry nie. ... WAT moet nou gedoen word? Die eerste stap is om wat ons nodig het, duidelik uit te stippel. ’n Gesonde elektrisiteitsvoorraad verg ’n reserwe-opwekkingsmarge van minstens 15% om voorsiening te maak vir onderhoud en sentrales wat onklaar raak (wat sal gebeur, ongeag hoe goed hulle bestuur word). Tans het ons geen reserwemarge nie. Dus sal enige onderbreking verduistering meebring. Dit sál weer gebeur. Ons het nou sowat 4 000 megawatt (MW) bykomend nodig om die reserwe van 15% te verskaf. Ons moet so vinnig moontlik kragsentrales bou. Ongelukkig duur dit minstens ses jaar om die steenkool- en kernkragsentrales te bou wat ons nodig het. Dit sal ons tien jaar of meer kos om ons reserwekapasiteit tot 15% op te bou. ... • Andrew Kenny is ’n onafhanklike ingenieur wat in energie spesialiseer.



BEELD - KINDERFONDS

Carike, nutsman by Kinderfonds-party; Beeld, 25.01.2007

Kom wikkel jou lyf saam met die sangeres Carike Keuzenkamp en die nutsman Riaan Venter by die Beeld-Kinderfonds se Valentynsdans-en-dinee. Op Vrydag 9 Februarie om 18:30 by Union Caterers se Utopia Place in Pretoria kan Beeld-lesers Valentynsdag saam met dié bekendes sowel as talle televisiesterre vier. ...Die dineekaartjies kos R330 per persoon en sluit ’n vyfgang-ete en alle drankies in. Gaste wat by een van die sterre wil sit, betaal R450. Kaartjies kan by me. Adrie van Staden, skakelbeampte van die Kinderfonds, by 00119762273 bespreek word of stuur ’n e-pos na beeldkinderfonds@absamail.co.za. Die Beeld-Kinderfonds samel jaarliks geld in vir sorgbehoewende en hawelose kinders en skenk ook geld aan verskeie welsynorganisasies. Geldelike bydraes kan gestuur word aan die Beeld-Kinderfonds, Private Sak X202, Pretoria 001, of regstreeks in die Kinderfonds se bankrekening inbetaal word by Absa, rekeningnommer 2840157329 en takkode 334642. Vir meer besonderhede, bel me Annari Walters, administratiewe beampte van die Kinderfonds, by 012 732 1092. Kinderwelsynorganisasies wat wil aansoek doen om geld van die Beeld-Kinderfonds te ontvang, moet Walters voor 31 Januarie kontak.... Reeds erken: R1 014 987,72; Groot totaal: R1 058 858 - *Een merkwaardige bydrae wat vandag erken word, is dié van die NG kerk Sonder Mure in Centurion: R39 427,20. Beeld hoop dis ’n aansporing vir alle lesers om ’n bydrae tot die Beeld-Kinderfonds te lewer.



DEBAT

Kerk se oorspronklike DNS moet eers weer hiér werk; Nico Smith, Seepkis; Beeld,

24.01.2007
Die teoloë dr. Stefan Joubert en dr. Nelus Niemandt het in die gesprek wat Neels Jackson met hulle gevoer het (Terug na die kerk se DNS in Beeld, Vrydag 19 Januarie) ’n uitnemende uiteensetting gegee van die Christelike kerk se oorspronklike DNS. Dit is goed en wel om te weet waaruit die kerk voortgekom het. Maar van groter belang is om te weet hoe dié DNS in ’n bepaalde konteks moet funksioneer. Hoe moet die oorspronklike DNS byvoorbeeld in die huidige kerk in Suid-Afrika funksioneer?
In die gesprek met Jackson het die twee teoloë klem gelê op die noodsaaklikheid vir die kerk se binneste om na buite gekeer te word. Maar om in die Suid-Afrikaanse situasie die klem alleen op die ‘na-buite-gekeerdheid’ van die kerk te lê, sal nie die Christelike kerk se oorspronklike DNS hier weer in werking stel nie. Wat in Suid-Afrika nodig is, is dat die kerk eers weer waarlik die ‘gemeenskap van die heiliges’ sal beoefen (in sowel as buite die kerk), sodat die gelowiges saam na die wêreld kan uitreik. ...

Bogenoemde artikel verwys na ‘n berig in INLIG-AKTUEEL 2/2007:

K 29866: Terug na die kerk se DNS; Beeld, 19.01.2007 [vra die volledige artikels asb aan by ngkinlig@mweb.co.za]



K 29886: Godlose godsdiens; Burger, 27.01.2007

Stephen Batchelor is een van die beroemdste Boeddhiste in die Westerse wêreld. Hy is ook ’n ateïs. JOHANNES DE VILLIERS het onlangs met hom gesels en van sy sêgoed neergeskryf. STEPHEN BATCHELOR is die beroemdste Britse skrywer oor die Boeddhisme. Hy is een van die beroemdste Boeddhiste in die Weste. Hy is ’n direkteur van ’n Boeddhistiese kollege en ’n gereelde medewerker van die wêreld se grootste Boeddhistiese tydskrif, Tricycle. Hy is ook ’n ateïs wat nie in God of lewe ná die dood glo nie, en wat sy lewensverhaal as ’n ‘geleidelike reis weg van alle godsdiens’ beskryf. Vroeër vandeesmaand het Batchelor en sy vrou, Martine, ’n Franse voormalige Zen-Boeddhistiese non, deur Suid-Afrika gereis en in lesings en werksessies die Boeddhisme verkondig – of plaaslike Boeddhiste van hul geloof probeer afrokkel, na gelang van hoe jy daarna kyk. .. *’EK is eenkeer deur ’n Moslemgroep na ’n intergodsdienstige werksessie genooi. Daar was Christene, Jode, Hindoes, en ek moes Boeddhiste verteenwoordig. Hulle wou hê ons moet saam ’n lys opstel van alles wat ons gemeen het – al die godsdienste – en dié dokument sou dan ’n manifes wees sodat ons saam teen die opmars van godlose sekularisme kon veg. Al probleem was, hoe meer ek na almal daar geluister het, hoe meer het ek besef ek hou nogal van godlose sekularisme.’ *’IN my boek Living with the Devil skryf ek die bose is nie ’n demoon wat jou agterwêreld met die een of ander rooiwarm stuk gereedskap wil steek à la Hieronymos Bosch nie. In die Boeddhisme is die bose die negering van die lewe, om aan idees en gebruike vas te klou nadat die lewe aanbeweeg het. Ook in die Joods-Christelike tradisie beteken Satan eintlik die vyand, die teenstander van die lewe.’ *’DIE Boeddhisme is nie soos teïstiese godsdienste wat ‘God’ in die klassieke sin van die woord aanbid nie. Die Boeddhisme is ook nie ateïsme in die sin van mense soos Richard Dawkins wat God eintlik nodig het sodat hulle iets het om teen te baklei nie. Die Boeddhisme is anders omdat dit nog nooit in die minste in God belanggestel het nie.’ ...



K 29887: Wat kan ons vir armes doen; Helgaard Raubenheimer, Mond-uitspoel; Burger, 27.01.2007

NA gelang van hoe jy jou posisie beoordeel, wek die woord ‘armoede’ gevoelens wat wissel van bejammering tot selfbejammering, van willoosheid en ellende tot verontregting en magteloosheid. ‘Rykdom’ bestryk eweneens die volle gevoelspektrum: van selfgenoegsaamheid tot selfsugtigheid, van bewondering tot afguns, van ingenomenheid tot oordaad. ... JULIAN MÜLLER se Intrapslag, ‘Die onreg van Kersfees’, in die By van Saterdag 23 Desember het my aangespoor om weer deur my armoedelegger te lees op soek na antwoorde.... SOOS dr. Dawie Theron, amptenaar van die algemene sinode van die NG Kerk verlede Augustus in die Kerkbode geskryf het, lyk dit my ’n mens sal meer genuanseerd oor armoede en rykdom moet praat as ons regtig by antwoorde oor ongelykheid en oplossings wil uitkom. Want daar is niks absoluut aan hierdie terme nie: Ons is altyd armer en ryker as iemand anders.... As dit dan nie goed genoeg is om net oor onreg en ongelykheid te praat en mekaar sleg te laat voel oor relatiewe armoede of rykdom nie, wat kan ’n enkeling, ’n organisasie of die staat aan die lot van armes in ons land doen? DIT lyk my daar is veral twee benaderings: 1. Hoe kan ek armes in hul armoede help (die kos-en-klere-benadering); en 2. Hoe kan ek armes uit hul armoede help (onderwys en opleiding, opvoeding, werkverskaffing, opheffing, ensovoorts.) ... Helgaard Raubenheimer is ’n voormalige uitvoerende hoof van die Nasboek-groep, nou Via Afrika.; ’n Openbare gesprek oor armoede en rykdom kan só kompleks raak dat baie wyse mense oordeel dat dit nie sinvol is om eens daarby betrokke te raak nie. Want, sê hulle, armoede en rykdom is emosioneel erg gelaaide woorde.



Die reinigingseremonie van Tony Yengeni

K 29890: Die politiek van ras bloedoffers; Gerrit Brand, Intrapslag; Burger, 27.01.2007

IN sy reaksie op Tony Yengeni se opspraakwekkende beesslag-seremonie verklaar die departement van kuns en kultuur by monde van sy woordvoerder, Sandile Memela, dat mense wat ‘dié spesifieke Afrika-ritueel verwerp’ aan ‘selektiewe rassisme’ skuldig is. Hoe dié tipe rassisme van ander soorte verskil, word nie uitgespel nie. ... Met sy bulslagtery het Yengeni in elk geval ’n miernes oopgekrap. IETS wat die verklaring tereg uitwys, is dat grondliggende vrae oor kultuur- en godsdiensregte hier ter sprake is; dis geen eenvoudige saak nie. Daarom moet simplistiese standpunte oor die kwessie liefs vermy word. Die verklaring stel dat die Grondwet ‘kultuur-, godsdiens- en taalregte’ vir ‘families, groepe en gemeenskappe’ waarborg; dat mense dus die reg het om ‘rituele uit te voer wat na hul oortuiging die band met hul voorouers vernuwe’ en ‘gemoedsrus en harmonie in hul lewens bevorder’; en dat ‘dít Tony Yengeni en sy gesin insluit’. ...



K 29891: Die offer móét bulk; Burger, 27.01.2007

Die slag van ‘n bees vir Tony Yengeni se ‘reinigingseremonie’ het opslae gemaak. ... Die Menseregte Kommissie het daarop gewys dat Suid-Afrikaners verdraagsamer jeens mekaar se kultuurgebruike moet wees. Wat volg is uittreksels uit ‘n boek onder redaksie van W.D. Hammond-Tooke, in lewe ’n professor in die sosiale antropologie aan die Universiteit van die Witwatersrand, The Bantu-speaking People of Southern Africa. Dit handel oor die belang en proses van rituele seremonies van SA stamme. RELIGIE het baie funksies. Dit verskaf emosionele steun in tye van nood, dra by tot die kohesie van sosiale groepe, sanksioneer en ondersteun morele kodes en verskaf ’n gesaghebbende teorie vir die fundamentele vrae wat die mens homself afvra. Suid-Afrikaanse tradisionele religieë doen al hierdie dinge, maar verskil heelwat van die sogenaamde wêreldgodsdienste. Hul wortels is stewig gevestig in die sosiale struktuur. Lidmaatskap van kultusgroepe word deur geboorte bepaal, en hul oriëntering is onbeskaamd die ondermaanse. Anders as byvoorbeeld die Christendom, wat swaarkry as onafwendbaar en selfs nodig bestempel en net genade beloof om dit te hanteer, het alle tradisionele religieë ten doel om die goeie lewe hier op aarde te bekom, en die rituele is essensieel pragmaties. ...


TEN SLOTTE

Leraar kan nie eens gil: ‘Help, hier’s ’n krokodil!; Volksblad, Jan 30 2007

Nelspruit. – ’n Inwoner van Sonheuwel het na sy swembad toe gestap toe hy iets sien wat soos ’n groot palmtak lyk – net om te ontdek dat ’n 1,5m lange krokodil is. Past. Wernich Swart van die Oase Herlewingsentrum sê hy het Woensdagoggend omstreeks 08:30 by sy huis in Magdastraat na sy swembadpomp gaan kyk toe hy die voorwerp sien. Toe hy sien dis nie ’n palmtak nie, het hy gedink dat dit een van ‘daai groot akkedisse’ kon wees. Swart het om die swembad gestap om dit van nader te bekyk en kyk toe in ’n krokodil vas. ‘Ek was so verbaas dat ek skaars ’n woord kon uitkry,’ het hy gister aan Beeld vertel. ‘Ek het onmiddellik die Mpumalanga- Toerisme- en Parkagentskap (MTPA) gebel.’ Mnr. Jimmy Masombuka, woordvoerder van die MTPA, het gesê dié krokodil was een van 11 jonges wat die Saterdagoggend van ’n MTPA-fasiliteit na Loskopdam geneem moes word sodat daar plek gemaak kon word vir ’n groot krokodil wat ’n vrou op die plaas Mara, op pad na Komatipoort, onlangs gedood het toe sy visgevang het. Die jong krokodille is gevang en in ’n paneelwa gelaai. Die paneelwa se bestuurder het by ’n huis in dieselfde straat as die Swarts oornag. Die krokodille sou die volgende oggend na Loskopdam geneem word. Daardie aand het ’n indringer vermoedelik goedere uit die paneelwa probeer steel waar die krokodille oornag het. ‘Dié reptiele het hom seker skrik gemaak en het hy weggehardloop. In die proses het een van die krokodille ontsnap,’ het Masombuka gesê. Dié krokodil het sy pad na die Swarts se huis gevind en hom in hul swembad tuisgemaak. Hy is dieselfde dag wat hy gevang is, na Loskopdam geneem.



**Die leraar was so verbaas dat hy skaars ‘n woord kon uitkry - dít glo ek;

die krokkie sê niks nie - sy bek was met groen band toegeplak; dit sien ek op die foto;

maar ek wil weet: wat het van die indringer geword wat ‘seker skrikgemaak’ is? **

Ek wens niemand sulke dierasies in swembaddens toe nie; maar mag ons Vader jou heerlik met Sy genade oor hierdie naweek verras!



Dienkie Froneman

ABID

ngkinlig@mweb.co.za

t 021 882 9923 ; f 086 510 5933