2006-05-17

40 dae Fokus op ons verhouding met mekaar

‘n Oorvloedige lewe is ‘n lewe wat oorvloei van liefe, vrede en vreugde. Dis ‘n lewe wat baie vrugte dra (Joh 15:8); ‘n ryk, vol lewe wat sin maak en betekenis het. Baie mense kies om ‘n saai lewe te leef wat op die ou end geen waarde het nie. Hoekom dan so ‘n lewe leef as die Here vir ons soveel méér in gedagte het? Kom ontdek in drie fokus-tye van 40 dae elk wat dit beteken om ‘n lewe-in-oorvloed te leef!

(Joh 10:10)

Ons is tans besig met ons tweede 40 dae fokus-tyd. Waar ons verlede kwartaal gekyk het na ons verhouding met die Here, fokus ons hierdie kwartaal op ons verhouding met mekaar as mede-gelowiges. Volgende kwartaal fokus ons op ons verhouding met ongelowiges.

Die temas tydens hierdie 40 dae is:

  • Sondag 7 Mei: Die huisgesin van God.
  • Sondag 14 Mei Die huisgesin van God vergewe mekaar [Genade is die basis van ons verhouding met mekaar]
  • Sondag 21 Mei: Die huisgesing van God versorg mekaar [Gemeenskap is die konteks van ons verhouding met mekaar.]
  • Sondag 28 Mei: Die huisgesin van God versterk mekaar [Gebed—en meer spesifiek gesamentllike aanbidding—is die kern van ons verhouding met mekaar.]
  • Sondag 4 Junie: Die huisgesin van God verryk mekaar. [Groei is die potensiaal van jou verhouding met die Here.]
  • Sondag 11 Junie: Vervul jou funksie in die huisgesin van God. [Gehoorsaamheid is die doel van ons verhouding met mekaar.]

Onderliggend aan elkeen van hierdie temas is die vyf waardes van ons gemeente, nl. genade, gemeenskap, gebed, groei, gehoorsaamheid. Hierdie waardes is gekoppel aan die vyf vernaamste take van ‘n gemeente volgens Ef 4:11, nl. sending (apostoliese taak); aanbidding (profetiese taak); gemeenskapsbediening (evangeliese taak); onderlinge versorging (herderlike taak); toerusting (leer-taak).

Helpmekaar Bediening


Doel

Die doel van hierdie bediening is vir lidmate om bronne van hulp vir mekaar te wees. Ons kan nie almal alles doen nie - en ons is nie almal ewe vaardig op elke terrein nie. God het ons nie almal dieselfde gemaak nie maar ons saamgevoeg in 'n gemeenskap waar ons verskille juis ons grootste gawe vir mekaar kan wees.

Aktiwiteite

Ons wil graag op 'n gereelde basis by die inligtingstafel tussen die twee oggenderedienste lidmate geleentheid gee om hulleself aan te meld en hulle vaardighede te kom aanbied.

Hierdie lys (databasis) word dan gereeld opgedateer en wyer beskikbaar gestel. (Onder andere op hierdie webtuiste). Wanneer iemand hulp nodig het kan die bedieningsleier of 'n ander aangewese persoon geskakel word en na die regte hulpbron gekanaliseer word.

Kontak

Die bedieningsleier is Alida Marais en haar kontakbesonderhede is:
• Selfoon: 0824126650
• E-pos adres: univoord@mweb.co.za

Skakel haar gerus vir meer inligting.

2006-05-11

Klub Immergroen

Klub Immergroen is die bediening wat omsien na die behoefte van elke senior lidmaat in ons gemeente. Dit staan onder leiding van Gerty Basson en haar immer-gewillige komitee.

Hierdie komitee reël jaarliks 'n paar oggend-tees asook 'n kers-ete. Hulle doen ook baie moeite om elke senior lidmaat in ons gemeente gereeld te besoek en te ondersteun.

Die datums van die volgende byeenkokmste is as volg:

10 Junie 2006 om 10:00 - Oggendtee
7 Oktober 2006 om 10:00 - Oggendtee
10 November 2006 om 18:00 - Kersete

As jy graag betrokke wil raak by hierdie bediening, of meer inligting verlang, skakel gerus vir Gerty Basson by 012-664-2433

Mosaïek

Tye

Die Mosaïek-diens vind plaas elke Sondagaand behalwe langnaweke en skoolvakansies. Dit is 'n mengeling (sien definisie hieronder) van lofprysing, aanbidding, bespreking, sosialisering en nadenke. 'n Verskeidenheid van temas (sien "temas" hieronder) word onder die loep geneem en op 'n verskeidenheid van maniere aangebied.

Wat beteken "Mosaïek"?

Die woord "mosaïek", beteken volgens die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), die volgende:

1 Inlegwerk van glas, teëls, marmer, ens. van verskillende kleure, wat saam ’n beeld of figuur vorm. 2 ( fig. ) Mengeling van uiteenlopende bestanddele wat aan ’n mosaïek herinner.

Dit is juis wat hierdie diens is: "mengeling van uiteenlopende bestanddele." Nie net word 'n verskeidenheid van temas behandel nie, maar is dit 'n mengeling van die intelektuele en die emosionele, van lofprysing en aanbidding, en van die nuwe en die tradisionele.

Volgende tema:

13 Augustus - 17 September - Nuwe lig op Openbaring

Daar heers baie verwarring oor Openbaring! Elke dan en wan is daar nuwe plakkate teen die bome wat weer een of ander spreker wat weer een of ander profesie of voorspelling op grond van Openbaring propageer.

Maar hoe moet ons Openbaring dan verstaan! Ons moet in die eerste plek onthou dat Openbaring geskryf is vir mense van die eerste eeu na Christus. Die mense wat in daardie tyd geleef het, het die wêreld nie gesien soos ons dit sien nie. Hulle "televisie" was nie 'n kassie in die sitkamer nie, maar die naghemel. Hulle "sepies" was nie Sewende Laan en Isidingo nie, maar allerhande wonderlike verhale van gode en hulle doen en late.

Om Openbaring werklik te verstaan, moet ons die leefwêreld van die mense van daardie tyd in ag neem. Dis nie 'n boek wat vir moderne mense - soos ons - geskryf is nie. Dit het egter wel baie te sê - ook vir ons! En dié boodskap is bemagtigend en bevrydend.


(Daar is nie 'n Mosaïek-diens op 27 Augustus nie)

Blokke

Agtergrond

Hier in die Lyttelton-Oos area leef ons in 'n besondere gemeenskap. Die geografie van ons area maak dat ons 'n goed omlynde gebied is met slegs enkele toegangsroetes. Dit gee vir ons die geleentheid om juis hierdie geografie te benut deur nouer met mekaar saam te leef en werklik 'n goeie gemeenskapsgevoel te ontwikkel - en om mense wat buite hierdie area bly met ons warmte en liefde te verwelkom.

Blokindeling

Om 'n gemeenskapsgevoel te versterk, het ons die area in vier groot blokke ingedeel. Dit idee is dat mense binne die blokke mekaar beter leer ken ten einde 'n ondersteuningsnetwerk te vorm - dit wil sê dat ons daar vir mekaar kan wees wanneer daar nood is.

Ongelukkig is misdaad deel van die realiteit waarbinne ons leef en derhalwe moet ons maatreëls tref om mekaar te help beskerm. Binne blokverband ontwikkel ons dan strategieë om misdaad in ons area hok te slaan. Saam kan ons net soveel méér doen as 'n individue op hulle eie.

Skakel Pierre Hugo vir meer inligting oor ons gemeenskap se sekerheids strategie by 082-957-5324.

Die blokindeling is as volg:


Blok een

Trichardtweg - Moltenolaan asook alle lidmate wat in die WLM basis, Tek-basis en Kloofsig bly.

Blok twee

Moltenolaan - Cantonments

Blok drie

Cantonments - Stasieweg

Blok vier

Stasieweg - Rivierweg asook alle lidmate wat nie binne bg. grense val nie.


Byeenkomste

Om ons strategie te implementeer, hou ons drie blokbyeenkomste per jaar. Die eerste byeenkomste vir 2006 is reeds verby. Op Sondag 2 September vergader al vier blokke om sake van gemeenskaplik belang te bespreek. Daar sal ook geleentheid wees vir die blokke om afsonderlik bymekaar te kom.

Formaat

Die formaat van die byeenkomste is informeel sodat ons mekaar op 'n gesellige manier kan leer ken. Nie-lidmate van die gemeente is baie welkom om dit by te woon.

Ons hou 'n bring en braai en elkeen bring saam:

Eie vleis
Eie drinkgoed
Eie bykosse
Eie eetgerei
Eie gemaklike stoele

Aksie Twee +

Doel

Aksie Twee is ons huweliks- en gesinsaksie. Die doel van hierdie bediening is om die huwelike en gesinne te verryk en te versterk. Ons wil ook graag uitreik na mense buite ons gemeente en daarom nooi ons almal wat belangstel uit na die aktiwiteite van hierdie bediening.


Aktiwiteite

Die aktiwiteite van hierdie bediening is gerig op almal wat getroud is en op alle gesinne.

Daar is veral drie soort aktiwiteite wat gereël word:

· Kundige sprekers wat praat oor 'n verskeidenheid onderwerpe wat relevant is vir huwelike en gesinne. (Kommunikasie, konflikhatering, ouerskap ens.)
· Huweliksverrykingsseminare en gesinskampe.
· Sosiale geleenthede soos 'n bring-en-braai waartydens gesinne kan saam-kuier en speel (soos pa-en-seun "pool"-kompetisies en ma-en-dogter tafeltennis toernooie ens.!)


Program

Die volgende geleentheid op die program sal so spoedig moontlik bekend gemaak word.



Inligting

Hou die nuusbriewe (Herout / Afkondigings / Elektroniese nuusbrief) dop vir inligting of kontak Freddie Schoeman Besoek gerus ook ons webtuiste

Adoramus

Doel

Adoramus is 'n Latynse woord wat letterlik beteken: "Ons aanbid". 'n Adoramus-diens is dus 'n suiwer aanbiddingsgeleentheid waartydens die aanbidders hulle harte en gedagtes op die teenwoordigheid van God rig.

Die rol van stilte

"Silence is frightening because it strips us as nothing else does, throwing us upon the stark realities of our life."
-Dallas Willard, "The Spirit of the Disciplines"

"We receive only when we are recollected; only in silence is heard the beating of the heart of God."
-Father Bernardo Olivera

"Best of any song is bird song in the quiet, but first you must have the quiet."
-Wendell Berry

"It is a good discipline to wonder in each new situation if people wouldn't be better served by our silence than by our words."
-Henri J. M. Nouwen, "The Way of the Heart"

Waar is God? God is dikwels in die stilte. (1 Kon 19:12) Die geraas van die wêreld - asook die geraas in ons binneste - keer dat ons by God uitkom. Deur gereeld stil te word laat ons toe dat God 'n groter rol in ons lewes speel.
Om stil te word beteken om die stem en stemme van die wêreld af te skakel. Die wêreld om ons plaas soveel druk op ons en verwag so baie van ons, dat ons dikwels onsself in die proses verloor. Talle mense soek ons aandag. Ons hoor elke dag soveel versoeke oor die radio, op televisie en van die mense om ons. Sommige van hierdie stemme is kosbaar en belangrik - die stemme van ons gesinne. Ander stemme is gewoon net geraas. Om fyn ingestel te wees op die stem van ons Herder (Joh 10), is dit nodig om gereeld stil te word.

Stilte beteken dat ons ons begeerte om in beheer te wees sal tersyde stel. Thomas Merton het gesê: "It is not speaking that breaks our silence, but the anxiety to be heard." As ons stil is kan ons niemand rond-"order" of bevele gee nie. Om stil te word beteken om die wapen van woorde neer te lê. Ons gee ons aandrang gehoor te word en gehoorsaam te word op. In stilte gee ons onsself oor aan die wil van 'n Ander.

Hoe word ons stil?

Dit is dikwels nie so maklik om stil te word nie. Ons is nie gewoond daaraan nie. Tydens die Adoramus-dienste gebruik ons veral die meditatiewe musiek van die Taize-gemeenskap in Frankryk. Lees wat hierdie gemeenskap sê oor meditatiewe sang:

Singing is one of the most essential elements of worship. Short songs, repeated again and again, give it a meditative character. Using just a few words they express a basic reality of faith, quickly grasped by the mind. As the words are sung over many times, this reality gradually penetrates the whole being. Meditative singing thus becomes a way of listening to God. It allows everyone to take part in a time of prayer together and to remain together in attentive waiting on God, without having to fix the length of time too exactly.

Datums

Die datums van die Adoramus-dienste hierdie jaar (2007) is:

  • 7 Februarie
  • 7 Maart
  • 25 April
  • 13 Junie
  • 25 Julie
  • 5 September
  • 10 Oktober
  • 14 November


Al die dienste begin om 20:00. Vir meer inligting skakel Freddie Schoeman