2006-05-11

Klub Immergroen

Klub Immergroen is die bediening wat omsien na die behoefte van elke senior lidmaat in ons gemeente. Dit staan onder leiding van Gerty Basson en haar immer-gewillige komitee.

Hierdie komitee reƫl jaarliks 'n paar oggend-tees asook 'n kers-ete. Hulle doen ook baie moeite om elke senior lidmaat in ons gemeente gereeld te besoek en te ondersteun.

Die datums van die volgende byeenkokmste is as volg:

10 Junie 2006 om 10:00 - Oggendtee
7 Oktober 2006 om 10:00 - Oggendtee
10 November 2006 om 18:00 - Kersete

As jy graag betrokke wil raak by hierdie bediening, of meer inligting verlang, skakel gerus vir Gerty Basson by 012-664-2433

No comments: