2006-07-24

Heartlines: Aanvaarding

Die Meyer en die Mokwena gesinne woon in die myngemeeskap van Carletonville. Sandra is die enigste dogter van Johnny Meyer. Hy vind dit moeilik om sy tienerdogter groot te maak na die dood van sy vrou. Moagi is Mokwena se seun wat pas teruggekeer het van 'n kosskool in Taung. Die storie speel af in die konteks van spanning tussen rasse waar mense mense genoop word om nie net saam te werk nie, maar ook langs mekaar te bly.

Dit is teen hierdie agtergrond dat Moagi en Sandra hulle vriendskap begin - tot misnoë van hulle ouers en sekere lede van die gemeenskap. Terselfdertyd word Mokwena in 'n regstellende aksie stap bo Meyer bevorder. Die verhaal belig die spanning wat daar steeds in baie gemeenskappe bestaan rondom kwessies soos kruiskulturele verhoudings, gelyke indiensneming en regstellende aksie. Dit, tesame met interne gesinsverhoudinge, die pyn van verlies en konflik, maak die lewe 'n besondere uitdaging.

Vrae vir oordenking en/of bespreking:

  • Wat dink jy is die sentrale boodskap van hierdie verhaal?
  • Wat het die diep-gesetelde weersin in mekaar tussen Johnny Meyer en Dan Mokwena veroorsaak?
  • Hoekom dink jy/julle het Sandra so baie tyd alleen deurgebring deur te lees?
  • Hoekom dink jy/julle was Johnny so terughoudend teenoor ander, veral teenoor Koeksie?
  • Dink jy/julle Johnny was redelik gewees deur sy dogter te verbied om Moagi te sien?
  • Wat het gemaak dat Sandra gesê het: "Dis die eerste keer sedert my ma dood is dat ek nie alleen voel nie"?
  • Wat dink jy/julle van Johnny se reaksie en gedrag toe hy Sandra en Moagi bymekaar by die bidplek gekry het?

Bespreek die volgende aanhalings uit die program:

  • "Is racism dead in this country?" (The teacher asking the class)
  • "It doesn't work, Sandy!" (Johnny Meyer when confronting Sandra about her friendship with Moagi.)
  • "This white girl ... is she just trying to cause trouble?" (Mrs Mokwena)
  • "And you are also a hypocrite. The same God that you pray to expects us to treat everybody as we would like to be treated ourselves." (Sandy to her dad)

Pas die waarde toe:

  • Is ons interaksie met mense van 'n ander ras maar grootendeels oppervlakkig?
  • Probeer "rasisme" definieer. Hoe voel jy oor rassime in ons gemeenskap vandag?
  • Wat is sommige van die voordele verbonde aan die bou van verhoudings met mense van ander kulture, tale of klasse?


No comments: