2006-07-25

Heartlines: Verantwoordelikheid

Solomon (Bra Sol), sy vrou Thabi en hulle tienerseun is 'n gelukkige gesin in die township en baie naby aan mekaar. Solomon het 'n verantwoordelike kantoorwerk by 'n drukkersfirma maar sy wêreld val uitmekaar wanneer die firma skielik bankrot raak. Hy voel te skaam om dit vir sy gesin te vertel en hy probeer voorgee dat niks gebeur het nie en so normaal as moontlik aangaan.

Elke dag trek hy sy pak klere aan en maak asof hy werk toe gaan. Intussen staan hy elke dag tou in sy oorpak om stukwerk te doen. Eendag vind Jabu uit wat sy pa doen. Solomon trek uit skaamte uit die huis en gaan bly in 'n skuiling.

Met sy pa wat nie daar is om liefde en ondersteuning te gee nie, word Jabu negatief beïnvloed deur 'n groep tsotsi's. Solomon besef uiteindelik watter skade sy afwesigheid en sy traagheid om verantwoordelikheid te aanvaar doen en keer terug na sy gesin.

Vrae vir oordenking en/of bespreking

  • Wat dink jy is die sentrale boodskap van hierdie verhaal?
  • Hoekom, dink jy/julle het Solomon nie vir sy gesin die waarheid vertel nie?
  • Watter rol het trots in Solomon se swye gespeel?
  • Wat moes Solomon gedoen het? Watter alternatiewe het hy gehad?
  • Wat was die aard van die verantwoordelikheid wat Solomon gevoel het hy teenoor sy gesin gehad het?
  • Hoe het die spanning van werkloosheid sy verhouding met Thabi en Jabu beïnvloed?
  • Het Thabi en Jabu die reg gehad om die waarheid te weet?
  • Hoe, dink jy/julle, het Jabu gevoel toe hy uitvind sy pa is werkloos en het vir hom en sy ma gelieg?
  • Wat het gemaak dat Solomon na die skuiling toe getrek het?
  • Wat het gemaak dat Jabu by drank en dwelms betrokke geraak het?
  • Hoe voel jy/julle oor die manier waarop Thabi in hierdie moeilike omstandighede gereageer het?
  • Dink jy/julle dit het moet geverg van Solomon om by die skaaktoernooi op te daag in sy oorpak?
  • Watter impak het dit op Jabu gehad?

Bespreek die volgend aanhalings uit die program:

  • "Parents are there to shine love on their children" (Isaiah - the narrator)
  • "This is not about you Solomon. It is about your family." (Thabi)
  • "When I lost my job I felt ashamed." (Solomon)
  • "What kind of example are you if you run away when there's trouble?" (Thabi)
  • "Even if you have lost you job Solomon, you still have to be there or your family." (Thabi)
  • "You get nowhere without hard work." (Solomon)

Pas die waarde van verantwoordelikheid toe:

  • Deel met mekaar in 'n groep sommige van die verantwoordelikhede wat ons het wat angs en spanning in ons lewens nou veroorsaak.
  • Hy het al gevoel om te wil weghardloop van jou verantwoordelikhede soos Solomon?
  • Bespreek die verskillende verantwoordelikhede soos in die program na vore gekom het, byvoorbeeld, ouerskap, dié teenoor ons eggenoot, in die werkplek ens., en wat ons houding teenoor hierdie verantwoordelikhede behoort te wees.

No comments: